19:30 – Ek wou nog sê
Daniel Hugo gesels met Fanie de Villiers, oftewel Kleinboer, ook bekend as die Boere-Bukowski. Daarop volg 'n resensie van Marlise Joubert se bundel Grondwater deur Nini Bennett.
20:00 - Huisgenoot: Ware lewensdramas
Shrien Dewani is in 2010 aangekla dat hy die moord op sy bruid, Anni, gedurende hul wittebrood beplan het. In 2014 vind regter Jeanette Traverso hom onskuldig in ’n aansoek om ontslag.
21:00 Die beste van Huisgenoot: Ware lewensdramas
Op 15 Junie 2005 vind die moord op baba Jordan-Leigh Norton plaas. Dina Rodrigues betaal vier huurmoordenaars R10 000 om haar kêrel, Niel Wilson, se dogtertjie te vermoor.