Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Dinge raak vurig in ‘Boer soek ’n vrou’
Kelly en boer Duncan leer mekaar beter ken met ’n glasie wyn voor ’n knus vuurtjie. Foto: Verskaf

Dinge het in Donderdagaand se episode van Boer soek ’n vrou vurig geraak toe knieë gestreel is, daar gepraat is oor vryery en boere knus langs hul vyf verkose deelnemers gesit het.

Boer Rèan (26) van Groblershoop in die Noord-Kaap het veral die liefdesvlam aangeblaas in sy individuele sessies met elkeen van die vyf vroue.

Toe hy die kwessie van vryery aanroer, het Michelle gebloos en gebieg sy het lanklaas gevry.

“Jis, ek gooi jou sommer hier oor die rots,” het hy geskerts.

Hy het ook sagkens aan die Engelse Rox-Zee se knieskyf gevat.

“Ek wil net jou patella voel,” het hy vir haar gesê.

Dit was egter nie net Rèan wat pret met sy deelnemers op die rotse gehad nie.

Boer Toanette (23), die eerste vroueboer in die reeks se geskiedenis wat deurgedring het tot die topvyf, kon nie ophou lag toe Adriaan in sy sessie vertel hoe hy sukkel om met die ander mans te praat nie.

Carlo en boer Toanette staar diep in mekaar se oë. Hy is een van die drie mans wat sy gekies het om saam met haar tyd op die plaas deur te bring.Foto: Verskaf

Dit was egter nie net grappies nie, met Toanette wat vir haar deelnemers verduidelik het hoe sy iemand nodig het wat haar in moeilike tye sal ondersteun.

“My ma het kanker en ek het iemand nodig wat my sal ondersteun. Dit sal in die situasie help,” het sy aan die deelnemers gesê.

Boer André (35), Duncan (36) en Cassie (28) moes ook moeilike keuses maak oor watter drie vroue hulle saamneem na hul plase.

Cassie het voordat hy uiteindelik vir Lianné, Alyssa en Natasha gekies het, vir die vyf vroue gesê elkeen van hulle het bygedra daartoe dat hy “iets voel”.

“Ek het vir ’n lang tyd niks gevoel nie. Dit voel vreemd om nou weer iets te voel en julle het almal ’n bydrae daarin gehad. Ek is baie dankbaar daarvoor,” het hy gesê.

André het gesê hy is doodseker hy voel ’n konneksie met een van die drie vroue wat hy gekies het.

“Ek is 136% seker daar is ’n kans met een van die drie dames. Ek voel soos ’n kat met ’n hoop botter,” het hy gesê.

Hy het uiteindelik vir Corinne, Madelé en Lea gekies om saam met hom na sy plaas in Colesberg te gaan.

Duncan, van Verkykersdorp in die Vrystaat, het vir Kelly, Christelle en Louise gevra om hom te vergesel.

Toanette het vir Adriaan, Nardus en Carlo gekies terwyl Réan vir Minette, Rox-Zee en Michelle gekies het.

* Die program is vooraf opgeneem en Netwerk24 het vroeër berig dat Toanette se ma in September dood is ná 'n stryd met limfklierkanker. Lees die volledige berig hier.

Meer oor:  Boer Soek 'N Vrou  |  Toanette
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.