Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Dink jy TV is kinder-speletjies? Skryf dan in vir ‘Kyk wie praat’!

Verbeel jou ’n groep kinders tussen ses en nege vra op televisie ’n paar vrae aan jou.

Wat sal jou antwoord wees?

Die kykNET-speletjiesprogram ‘Kyk wie praat’ word eersdaags in Kaapstad verfilm.

Indien jy nuuskierig genoeg is, is dit nou jou kans om in te skryf vir die kykNET-speletjiesprogram Kyk wie praat, aangebied deur die akteur De Klerk Oelofse.

Pryse soos gesinsnaweke en kontant is op die spel.

In elke episode gaan nege kinders vyf deelnemers op hul tone hou.

“Ek dink een van die slegste dinge van ouer word, is om so ’n stukkie van jou onskuld te verloor,” sê Oelofse, wat onlangs in die kykNET-reeks Die boekklub te sien was, in ’n verklaring.

Kyk wie praat is my kans om opnuut na die wêreld te kyk deur die oë van klein mensies. Dis natuurlik ’n bonus dat hulle vrek snaaks is!”

In elke episode ding vyf mense mee en ná elke ronde word iemand uitgeskakel totdat net een deelnemer oorbly.

De Klerk Oelofse
De Klerk Oelofse

Op die spel is ’n gesinsnaweek indien die deelnemer genoeg punte versamel het. Daar is ook ’n kans om R10 000 per episode te wen, maar indien dié bedrag nie gewen word nie, staan dit oor tot ’n boerpotprys wat in die 13de en finale episode gewen word. Die vyf deelnemers wat die meeste punte in die vorige 12 episodes ingesamel het, verskyn in die finale episode.

Die kinderdeelnemers is reeds gekies. Nou is die volwasse deelnemers – jy moet minstens 18 jaar oud wees – nodig. Kyk wie praat word van 5 tot 17 Junie in Kaapstad verfilm. Indien jy een van die deelnemers is, moet jy self tot by die ateljees in Montague Gardens kom.

Om in te skryf: Neem solank ’n video van nie langer as twee minute van jouself op – vertel ons meer van jouself, of daar ’n spesiale kind of kinders in jou lewe is en hoekom jy dink jy die regte deelnemer vir die program is.

Jou naam, adres, telefoonnommer en e-pos-adres word benodig.

Besoek kyknet.tv vir meer inligting.

Meer oor:  Kyknet  |  De Klerk Oelofse  |  Kyk Wie Praat  |  Televisie  |  Speletjiesprogram
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.