Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘Dis ek, Anna’ maak geskiedenis by die Saftas
Die aktrise Charlene Brouwer en vervaardiger Niel van Deventer, tydens die Safta-toekennings die afgelope naweek. Hul fliek Dis ek, Anna, het ses pryse opgeraap. Foto: Facebook

Ses uit agt vir die span agter die Afrikaanse fliek Dis ek, Anna.

Die fliek, wat verlede jaar uitgereik is en boonop omstrede was oor die ouderdomsperk, het die afgelope naweek ses toekennings opgeraap tydens die Suid-Afrikaanse film- en televisie-toekennings (Saftas). Die fliek is vir agt pryse benoem maar het weggestap met die toekennings vir beste draaiboek, beste grimering en hare en beste produksie-ontwerp. Marius Weyers het die prys gewen vir beste akteur in ’n ondersteunende rol vir sy vertolking van die speurder Windhond Weber. Sara Blecher het die prys gekry vir beste regisseur.

Die fliek is ook aangewys as die beste vollengte rolprent. Dit is die eerste keer wat ’n Afrikaanse fliek dié afdeling wen.

“Dit is ’n baie lekker gevoel, maar ek dink nie dit het al mooi ingesink nie,” het Niel van Deventer, vervaardiger van die fliek, oor die string toekennings gesê.

“Ek is net so dankbaar.”

Van Deventer meen hy het in die geheim sy hart op so twee of drie pryse gesit maar nooit gedink hulle sal só goed vaar nie.

“Ons wou met die fliek ’n taboe-onderwerp aanpak en ons wou ’n goeie fliek maak. En ek dink hierdie is bevestiging dat ons albei reggekry het.”

Volgens Van Deventer is die toekennings baie motiverend, maar sal dit hulle ook op hul tone hou wanneer hulle volgende projekte aanpak.

“Ek dink mense sal ons nou obviously dophou, maar ek dink dit is ’n goeie ding en ek hou van sulke challenges.”

Die fliek is gebaseer op twee boeke deur

Anchien Troskie, Dis ek, Anna en Die Staat teen Anna Bruwer.

Die aktrise Charlene Brouwer het die hoofrol van die volwasse Anna vertolk.

Volgens Van Deventer is dit die eerste keer wat ’n Afrikaanse fliek ’n Safta vir beste vollengte fliek wen.

Die Saftas is oor twee aande uitgedeel, Vrydag en Sondag, omdat daar so ’n groot verskeidenheid afdelings vir televisie-programme asook flieks is.

  • Ander Afrikaanse programme wat goed gevaar het by die toekenningsgeleentheid is Republiek van Zoid Afrika wat die prys opgeraap het vir beste geselsprogram, Terug na Egipte, wat die prys gewen het vir beste kostuumontwerp en die kykNET-sepie Binnelanders met die toekenning vir beste kinematografie.

    GOLDEN ?? About last night dressed by @quiteria_george for #SAFTAs10 #MissWorldAfrica2015

    'n Foto geplaas deur Liesl Laurie (@liesllaurie) op

    #SAFTAs10 7de laan's actress Mimi Mahlasela #redcarpetmoments #saftas2016

    'n Foto geplaas deur IOL Tonight (@ioltonight) op

    @carienloubser007 Hierdie een is joune. X ????????????????????????????????????????????????????????

    'n Foto geplaas deur Karen Zoid (@karen_zoid) op

    Meer oor:  Karen Zoid  |  Saftas
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.