Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Dís waarom ek deelneem, sê kykNET se 1ste gay boer
Boer Damian is ’n 37-jarige bees- en skaapboer van Bapsfontein in Gauteng en die eerste openlik gay deelnemer aan KykNET se Boer soek ’n Vrou.Foto: Facebook

Die eerste gay deelnemer aan Boer soek ’n vrou het in ’n onderhoud met Netwerk24 sy hart oopgemaak oor sy besluit om aan die program deel te neem.

Boer Damian is ’n 37-jarige bees- en skaapboer van Bapsfontein in Gauteng wat besluit het hy wil sy ideale maat probeer vind op vanjaar se seisoen van die gewilde reeks.

“Ek soek net liefde. Niks meer as die ander boere nie. Ek doen niemand enige skade nie. Kan ons nie maar almal mekaar in liefde hanteer en ’n plekkie in die son gun nie?” reageer Damian op mense se verbasing dat daar vanjaar ’n boer is wat ’n man as pasmaat soek.

Hy erken hy is bekommerd dat sy deelname die gaping tussen mense wat vir en teen selfdegeslagverhoudings is, gaan vergroot.

“Mense het elke dag ’n keuse om beter te wees. Al hoe ’n mens beter kan wees, is om ander met respek en liefde te hanteer.”

Die gewilde kykNET-werklikheidsreeks het verlede Sondagaand vanjaar se tien boere vir die nuwe seisoen bekend gemaak.

Vanjaar se boere is tussen 26 en 51 jaar oud, waarvan vyf van die Wes-Kaap, twee van die Noord-Kaap, twee van die Oos-Kaap en een van Gauteng af kom.

Netwerk24 het al tien boere beter leer ken en boer Damian is die tweede boer wat sy hartsgeheime verklap.

Hy sê die hoofrede waarom hy nog enkellopend is, is omdat hy te min tyd het om mense te ontmoet. Hy het darem tyd gehad om vorige seisoene van die reeks te kyk en sy gunstelingboere is boer Réan vir sy humorsin en boer Cassie.

“Cassie het iets dieps aan hom gehad wat ek steeds nie kan plaas nie,” sê hy.

Boer Damian sê hy sal sy lewensmaat ondersteun waar hy kan met sy loopbaankeuse.

“Elke persoon het drome en ideale, en as daai spesiale man sy drome wil najaag, sal ek hom steun waar ek kan,” sê dié boer.

Indien die persoon wel wil inskakel op die plaas, hetsy voltyds of deeltyds, sal dit vir Damian ’n bonus wees.

damien engelbrecht
Boer Damien sê hy soek net liefde, nes enige ander boer. Foto: Facebook

Hy sê verder dit is vir hom lekker dat hy met vrymoedigheid iemand aan sy familie kan voorstel omdat hulle nie sommer mense oordeel nie. Sy familie ondersteun hom ten volle.

“Ek kyk ook maar self die kat mooi uit die boom voor ek iemand aan hulle voorstel,” sê boer Damian. Hy beslis ook nie ’n oppervlakkige mens nie. Vir hom is ’n hart belangriker as ’n mooi lyf.

“ ’n Mooi lyf kan binne ’n paar maande verdwyn, maar dit wat binne is, bly vir ewig.”

Oor die gesoenery op die onlangse eerste seisoen van Suid-Afrika se eie The Bachelor, sê boer Damian dis nie iets wat hy sal wil doen nie.

Hy “bêre dit eerder vir die regte een”.

  • Vroue en manne wat droom van ’n lewe op die plaas, kan nou weer inskryf vir Boer soek ’n vrou.

Skryf in op kykNET se webwerf (www.kyknet.tv), bel 079 335 5137 of stuur ’n e-pos na boer@marche.media. Inskrywings sluit om middernag op 31 Mei 2019.

Kykers sal van Oktober af kan sien hoe die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het, vaar.

Meer oor:  Boer Soek 'N Vrou  |  Boer Damian
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.