Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Disney+ waarsku kykers oor rassistiese inhoud
Dit is nog onseker of Disney se nuwe stromingsdiens, Disney+, in Suid-Afrika beskikbaar sal wees. Foto: Getty Images

Die animasiereus Disney het kennisgewings op sy nuwe stromingsdiens, Disney+, geplaas wat kykers teen “verouderde kulturele uitbeeldings” in van sy rolprente waarsku.

Die stromingsdiens, wat op 12 November in die VSA, Kanada en Nederland geloods is, vertoon die meeste van die rolprente wat hy sedert die 1930’s vervaardig het – ook dié wat oor die dekades heen van stereotipiese en rassistiese uitbeeldings beskuldig is.

The Guardian berig dat die kennisgewing byvoorbeeld vertoon is voor die 1941-rolprent Dumbo, waarin ’n swerm kraaie stereotipes van swart Amerikaners uitlig. Een van die kraaie se naam is ook Jim Crow – die bynaam van ’n stel wette wat destyds rasseskeiding in die Amerikaanse suide bekragtig het.

Die kennisgewing is ook onder meer by die 1955-rolprent Lady and the Tramp vertoon waarin twee Siamese katte oordrewe Oosterse aksente en kenmerke het – asook The Jungle Book (1967) en Peter Pan (1953).

CNBC het aanvanklik berig dat Disney al die omstrede tonele in sy rolprente gaan uitsny voordat dit op die stromingsdiens geplaas sal word, maar dit is nie die geval nie. Die rolprentreus het wel die 1946-rolprent Song of the South, wat weens sy uitbeelding van swart Amerikaners wyd beskou word as sy mees rassistiese rolprent, op die stromingsdiens weggelaat.

Stereotipiese en rassistiese tonele is ook in moderne weergawes van die rolprente, soos Dumbo (2019) en Lady and the Tramp (2019), verwyder.

Hoewel sommige kykers en kenners volgens The Washington Post die insluiting van die kennisgewings geloof het, was ander ontevrede omdat die bewoording daarvan volgens hulle te vaag is, dat dit nie voor alle rolprente soos Aladdin (1992) met aanstootlike, stereotipiese of rassistiese uitbeeldings vertoon is nie, en dat dit niks sê oor stereotipiese uitbeeldings met betrekking tot gender en seksualiteit nie.

Netwerk24 het vroeër berig meer as 10 miljoen mense het in een dag by Disney+ aangesluit toe dit bekend gestel is. Dit is nog onseker wanneer en of die diens in Suid-Afrika beskikbaar sal wees.

Meer oor:  Dumbo  |  Disney+  |  Lady And The Trump  |  Aladdin  |  Disney  |  Tv  |  Peter Pan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.