Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘Dit vat aan jou as 2 geliefde akteurs op 1 dag sterf’
Die akteur David Dukas. Foto: Facebook

“Dit skaaf aan ’n mens as jy binne ure verneem van twee geliefde akteurs wat oorlede is,” sê André Stolz met verwysing na Lieb Bester en David Dukas.

Dukas (51) is aan ’n hartaanval dood en Bester (72) aan nierversaking post-Covid-19, albei op 21 Julie.

Stolz, akteur en regisseur in Johannesburg, beskryf Dukas as “ ’n ontploffing van sonlig, ’n mens wat selfs in sy donker tye optimisties was”. Hy was boonop ’n goeie akteur en het ’n besonderse teenwoordigheid op die skerm gehad, sê Stolz.

Dukas het sy loopbaan as ’n ad hoc-akteur vir die destydse Transvaalse Raad vir die Uitvoerende Kunste (Truk) begin en in 1994 sy TV-debuut in die sepie Egoli gemaak.

Sy loopbaan het daarna vlerke gekry, op TV en in nasionale en internasionale rolprente. Hy het rolle gehad in onder meer Neill Blomkamp se District 9, asook in Invictus en Winnie Mandela.

Sy mees onlangse werk was in die TV-reekse The Cars That Made the World, Black Beauty en Warrior.

Dukas was ook gereeld te sien in Suid-Afrikaanse sepies, wat alles van Binnelanders, 7de Laan, Generations, Skeem Saam en Villa Rosa tot Isidingo en Getroud met Rugby insluit.

Trackers, gegrond op Deon Meyer se spanningsverhaal Spoor, die gewilde Black Sails, Knapsekêrels en Sterlopers is ook op ’n lang lys van produksies waarin dié aantreklike Suid-Afrikaner gespeel het.

Meer oor:  David Dukas  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.