Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Donker komedie ‘Lykskou’ op kykNET

“As jy vir my sê ’n karakter se pa het ’n lykshuis, dan wil ek sonder enige verdere vrae daardie rol speel.”

So sê die aktrise Llandi Beeslaar, wat Vrydag in die kykNET-fliek Lykskou te sien is.

Sy speel teenoor Bouwer Bosch, wat opgetree het in die gelyknamige toneelstuk uit die pen van Wessel Pretorius, wat in 2018 op die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom gedebuteer het.

“Ek is mal oor donker komedie en dinge is nogal chaoties in hierdie storie,” sê Beeslaar.

In dié fliek, met regie deur André Velts, neem ’n broer en suster noodgedwonge hul pa se begrafnisonderneming oor nadat hy sterf.

Maar dit gaan broekskeur – hul geld is op. Hulle beplan om van dorp na dorp te reis om hul begrafnisdienste aan te bied.

Llandi Beeslaar in ‘Lykskou’. Foto: kykNET

“Eintlik is hierdie broer en suster maar albei drop-outs,” sê Beeslaar, ook bekend as Mielie Senekal in Karen Zoid se geselsprogram Republiek van Zoid Afrika op kykNET.

“Maar die suster probeer nog so half en half om dinge bymekaar te hou.”

Bosch se karakter steur hom egter aan bykans niks.

“Hy het eintlik die pajama-lewe van by die huis bly vervolmaak nog voordat daar ’n pandemie was.”

Hulle kom swendelaars, kunstenaars en opportuniste teë en word in ’n raaiselagtige ongeluk gedompel “wat die grense tussen lewe en dood oorskry”. Die suster ontdek ook ’n ongewone gawe waaroor sy beskik.

“Dit is onvoorspelbaar, wat nogal vermaak in die chaos meebring.”

Llandi Beeslaar en Bouwer Bosch in ‘Lykskou’. Foto: kykNET

Je-ani Swiegelaar, veral bekend om haar rol as Naomi in die kykNET-sepie Binnelanders, het in die toneelstuk teenoor Bosch opgetree.

“Ek is dankbaar dat Swiegelaar baie projekte gehad het en ek dit kon doen. Ek en Je-ani en Wessel kom almal uit dieselfde departement (van die Universiteit van Pretoria). Dit was ’n voorreg om saam met ’n regisseur soos André Velts te werk en Bouwer is ook ’n freak of nature.”

Lykskou word Vrydag om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Meer oor:  Kyknet  |  Wessel Pretorius  |  Bouwer Bosch  |  André Velts  |  Flieks  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.