Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Dr. Frasier Crane terug op die kassie
Die akteurs in die TV-reeks ‘Frasier’ wat van 1993 tot 2004 uitgesaai is, is van links wyle John Mahoney (Marty Crane), Peri Gilpin (Roz Doyle), Jane Leeves (Daphne Moon), David Hyde Pierce (Niles Crane) en Kelsey Grammer (dr. Frasier Crane). Foto: bbcnews.com

Die veelbekroonde Amerikaanse TV-reeks Frasier met Kelsey Grammer as ’n pedantiese psigiater met sy eie radioprogram, gaan ’n terugkeer tot die kassie maak.

Dit is onbekend of al die vorige akteurs weer te sien sal wees, maar Grammer het sy terugkeer bevestig.

“Ek sien met blydskap uit na die volgende hoofstuk in my reis as dr. Frasier Crane,” het hy gesê.

Grammer, ook uitvoerende vervaardiger van die reeks, het Paramount terselfdertyd met sy toetrede tot ’n stromingsdiensplatform gelukgewens.

Nie hy of CBS Studios het uitsaaidatums vir die nuwe reeks op Paramount verstrek nie.

Frasier word steeds as een van die suksesvolste TV-sitkoms in Amerika gereken. Elf reekse is van 1993 tot 2004 uitgesaai wat met 37 Emmys bekroon is, waarvan vyf vir die beste komediereeks. Die Emmys is die Oscars vir TV-produksies.

Die karakter dr. Frasier Crane het die eerste keer sy verskyning in die trefferreeks Cheers gemaak, wat aanleiding tot ’n verdere verloop van sy verhaal gegee het – dr. Crane se terugkeer na sy tuisstad, Seattle, waar hy na sy korrelkop pa, Marty Crane, moet omsien. Dié rol is deur John Mahoney vertolk, wat in 2018 dood is.

Volgens Grammer is die nuwe reeks nie noodwendig ’n voortsetting van dié verhaal nie. Dit sal eerder gaan oor nuwe wendings in die karakters se lewe. Hy het ook genoem dat dr. Crane genoeg gehad het van sy radioprogram.

Frasier se verhouding met sy broer, Niles (David Hyde Pierce), sy Britse huishoudster Daphne Moon (Jane Leeves) en sy vervaardiger Roz Doyle (Peri Gilpin) was belangrike temas in die vorige reeks.

Die terugkeer van Frasier volg kort ná die aankondiging in Januarie dat nog ’n TV-reeks van die 90’s, Sex and the City, ook gaan herleef. – Saamgestel deur Elretha Britz met bykomende bronne: rollingstone.com, bbcnews.com en imdb.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.