Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Eloise Clasen en die BRCA1-uitslag in ‘Binnelanders’
Eloise Clasen in ’n toneel in ‘Binnelanders’. Foto: Binnelanders

“Baie vroue ervaar hierdie aggressiewe kankergeen – dalk nie self nie, maar iemand wat hulle ken worstel daarmee.”

So sê die aktrise Eloise Clasen nadat haar karakter, Julia, in die kykNET-sepie Binnelanders Donderdag vir BRCA1 (borskankergeen) positief getoets is.

“Sy het werklik gedink hierdie ding sal haar gespaar bly omdat sy al soveel ander ontberinge ervaar het. Haar seuntjie is dood en sy haar ma en tannie het hieraan gely.”

Sy en haar gewese man Hugo (Cobus Rossouw jnr.) het mekaar uiteindelik weer gevind en nou word sy hiermee gekonfronteer.

“Dis ’n lekker uitdaging om so ’n storielyn te kry, al is dit so ’n swaar onderwerp. Dis belangrik om dit so waar as moontlik te speel. Borskanker is ’n baie

Eloise Clasen as Julia in ‘Binnelanders’. Foto: Binnelanders

ernstige saak en dit beïnvloed jou liggaam. Sy gaan binnekort ’n groot besluit neem.”

Clasen, wat haar opleiding in musiekteater aan die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) ontvang het, het al baie verhoogwerk gedoen en onlangs in die kykNET-drama Spoorloos 2 verskyn.

Nou kuier sy so te sê elke aand in mense se sitkamers as Julia, ’n fisioterapeut.

“Dis vir my heerlik om op die stel van Binnelanders te wees. Dis nogal lekker dat jy iets kan oordoen as daar ’n fout ingesluip het. Ek het in baie musiekspele opgetree, maar toer het moeilik geraak omdat ek kinders het. ’n Mens toer lank en jy wil nie so lank van die huis af weg wees nie.”

Cobus Rossouw jnr. en Eloise Clasen in ‘Binnelanders’. Foto: Binnelanders

Sy en haar man, die akteur Neels Clasen, het drie kinders.

Hulle het ontmoet toe hy ’n produksie geskryf het waarin sy opgetree het.

“Neels is ’n wonderlike pa. Ons kan die gesin met ons onderskeie skedules aan die gang hou.”

Binnelanders word weeksaande om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.