Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Emmy-wenner terug vir ‘Veep’-slotseisoen

Selina Meyer, hoofkarakter in die komediereeks Veep, hou niks terug in die komende finale seisoen van dié komediereeks nie.

Julia Louis-Dreyfus, wat die rol van visepres. Meyer vertolk, sê Meyer doen haar bes om weer haar voet in die Withuis se deur te kry in die sewende seisoen wat op 31 Maart begin. Daar is net sewe episodes.

Julia Louis-Dreyfus
Julia Louis-Dreyfus Foto: AP

Louis-Dreyfus sê Meyer is dié keer meer haarself as ooit tevore.

Veep is sedert 2012 ’n gewilde reeks op die HBO-netwerk, maar die reeks het vir ’n ruk stilgestaan toe Louis-Dreyfus in 2017 vir borskanker behandel is.

Die voormalige Seinfeld-ster het verlede jaar gesê sy is nou gesond.

Meyer is ’n vuilbek-vuurvreter. 

Volgens Louis-Dreyfus is dit onwaarskynlik dat Meyer sal verander. “Ek dink nie groei is noodwendig vir haar nie. 

“Ek is baie tevrede met die plek waar die reeks uiteindelik eindig,” sê sy.

Veep het al drie Emmys as beste komedie gewen en Louis-Dreyfus het ’n rekord opgestel met haar ses opeenvolgende Emmys as beste aktrise in ’n komediereeks.

– Reuters 

Meer oor:  Selina Meyer  |  Komediereeks  |  Veep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.