Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Emmys: ‘Game of Thrones’ kraai koning – vir oulaas

Die fantasiedrama Game of Thrones het met sy prys as beste dramareeks op die 71ste Emmy-televisietoekennings sy agste en laaste seisoen op ’n hoë noot afgesluit.

Van die akteurs van Game of Thrones op die verhoog op die 71ste Emmy-toekenningsgeleentheid.Foto: Chris Pizzello/Invision/AP

Die seremonie is Maandagoggend (Suid-Afrikaanse tyd) in die Microsoftteater in Los Angeles in die deelstaat Kalifornië in die VSA aangebied.

Dit was die vierde Emmy-toekenningsgeleentheid wat nie ’n aanbieder gehad nie, maar die akteur Thomas Lennon het deurlopend kommentaar gelewer.

RuPaul se program RuPaul’s Drag Race is as die beste werklikheidsreeks aangewys. Foto: Jordan Strauss/Invision/AP
Julia Garner is as beste vrouebyspeler in ’n dramareeks vir haar rol in Ozark aangewys. Dit was haar eerste Emmy-benoeming.Foto: Chris Pizzello/Invision/AP
John Oliver se program Last Week Tonight with John Oliver het twee Emmys gewen – beste verskeidenheidsgeselsprogram en beste teks van ’n verskeidenheidsprogram. Foto: Jordan Strauss/Invision/AP

Terwyl Game of Thrones die meeste benoemings ontvang het, het Peter Dinklage die beeldjie vir die beste byspeler in ’n dramareeks huis toe geneem.

Met Game of Thrones se twee pryse sowel as die tien toekennings vir skeppende kuns verlede week het die reeks sy rekord van 2015 vir die meeste benoemings in ’n enkele reeks geëwenaar.

Die Game of Thrones-aktrises Gwendoline Christie, Lena Headey, Sophie Turner en Maisie Williams is as beste vrouebyspeler benoem, maar Julia Garner het hulle vir haar rol in Ozark uitgestof. Dit was Garner se eerste benoeming.

Die akteur Jason Bateman het die toekenning vir die beste regisseur van ’n dramareeks met Ozark losgeslaan.

Phoebe Waller-Bridge met haar drie Emmy-beeldjies.Foto: Chris Pizzello/Invision/AP

Nog ’n groot wenner was die Britse reeks Fleabag wat as die beste komediereeks aangewys is.

Phoebe Waller-Bridge het met Fleabag ook die toekenning vir die beste aktrise in ’n komediereeks en die beste draaiboek van ’n komediereeks losgeslaan.

Waller-Bridge het die toekennning vir die beste aktrise in ’n komediereeks voor Julia-Louise Dreyfus opgeraap, wat dit al ses keer vir haar rol in Veep gewen het. As sy dit ’n sewende keer kon wen, sou sy die aktrise met die meeste Emmys vir toneelspel op haar kerfstok gewees het.

Chernobyl het die Emmy as beste beperkte reeks losgeslaan.

The Marvelous Mrs. Maisel het twee pryse gewen – Tony Shaloub is as die beste byspeler in ’n komediereeks aangewys en Alex Bernstein is die tweede jaar agtereenvolgens as die beste vrouebyspeler in ’n komediereeks aangewys.

Tony Shaloub is beste byspeler in ’n komediereeks vir sy rol in The Marvelous Mrs. Maisel bekroon.Foto: Jordan Strauss/Invision/AP

Daar was ook ’n geskiedkundige oomblik toe Billy Porter, die eerste swart gay akteur was wat ’n Emmy-benoeming ontvang het, en as die beste akteur in ’n dramareeks vir sy rol in Pose aangewys is.

Jodie Comer is die beste aktrise in ’n dramareeks vir haar rol in Killing Eve aangewys.

* 'n Verkorte uitsending van die Emmys begin Maandag om 21:00 op M-Net (DStv-kanaal 101).

Die wenners sluit in:

Beste dramareeks

Game of Thrones

Beste komediereeks

Fleabag

Beste beperkte reeks

Chernobyl

Beste aktrise in ’n dramareeks

Jodie Comer, Killing Eve

Beste akteur in ’n dramareeks

Billy Porter, Pose

Beste aktrise in ’n komediereeks

Phoebe Waller-Bridge, Fleabag

Beste akteur in ’n komediereeks

Bill Hader, Barry

Beste aktrise in ’n beperkte reeks of televisierolprent

Michelle Williams, Fosse/Verdon

Beste akteur in ’n beperkte reeks of televisierolprent

Jharrel Jerome, When They See Us

Beste televisierolprent

Black Mirror: Bandersnatch

Beste verskeidenheidsreeks of geselsprogram

Last Week Tonight with John Oliver

Beste werklikheidsreeks

RuPaul’s Drag Race

Beste vrouebyspeler in ’n dramareeks

Julia Garner, Ozark

Beste byspeler in ’n dramareeks

Peter Dinklage, Game of Thrones

Beste vrouebyspeler in ’n komediereeks

Alex Borstein, The Marvelous Mrs. Maisel

Beste byspeler in ’n komediereeks

Tony Shalhoub, The Marvelous Mrs. Maisel

Beste vrouebyspeler in ’n beperkte reeks of televisierolprent

Patricia Arquette, The Act

Beste byspeler in ’n beperkte reeks of televisierolprent

Ben Whishaw, A Very English Scandal

Aanbieder/gasheer van ’n werlikheids- of kompetisiereeks

RuPaul, RuPaul’s Drag Race

Verskeidenheidsketsreeks

Saturday Night Live

Beste regisseur van ’n komediereeks

Harry Bradbeer, Fleabag, “Episode 1,” Prime Video (Harry Bradbeer)

Beste regisseur van ’n dramareeks

Jason Bateman, Ozark, “Reparations,”

Beste regisseur van ’n beperkte reeks of televisierolprent

Johan Renck, Chernobyl

Beste draaiboek van ’n komediereeks

Phoebe Waller-Bridge, Fleabag, “Episode 1”

Beste draaiboek van ’n dramareeks

Jesse Armstrong, Succession, "Nobody Is Ever Missing"

Meer oor:  Benoemings  |  Televisie  |  Wenners  |  Emmy-Televisiepryse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.