Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Felicity Huffman meld aan vir 2 weke in tronk
Felicity Huffman en haar man, William H. Macy, met haar laaste hofverskyning vroeër vanjaar.Foto: GETTY

Met die nommer 77806-112 geborduur op haar tronkpakkie, het die Desperate Housewives-aktrise Felicity Huffman Dinsdag haar twee weke lange tronkstraf begin.

Huffman is gevonnis omdat sy een van talle welgestelde ouers in Amerika is wat hul sak geskud het om hul kinders se universiteitsaansoeke te dokter en sodoende vir hulle ’n beter plek op die waglyste te verseker. Sy het skuld beken.

Die tronk waar Huffman haar straf uitdien, staan in die media as “Club Fed” bekend en is in 2009 deur die tydskrif Forbes as een van Amerika se luuksste en gemaklikste tronke beskryf.

Die aktrise se man, die bekende Shameless-akteur William H. Macy, het volgens The Guardian haar self gaan aflaai by die federale korrektiewe instelling in Dublin, San Francisco.

Huffman het tot 25 Oktober gehad om aan te meld vir haar tronkstraf, maar sal nou al teen 29 Oktober weer op vrye voet wees.

Asof haar tronkstraf nie genoeg is nie, skinder die poniepers dat die egpaar op skei staan.

Woman’s Day berig dat die paartjie al geruime tyd sonder hul trouringe in die openbaar verskyn.

Yahoo Entertainment, sowel as Gossip Cop, lag egter dié gerugte af en plaas klem op die feit dat die inligting van ’n “anonieme” bron na aan die paartjie kom wat duidelik geen idee het wat in hul persoonlike lewe aangaan nie.

“William het haar self na die tronk geneem en afgelaai. Hy ondersteun haar geweldig en staan haar in dié moeilike tyd by. Hy’s haar rots. Sy het wel ook baie vriende en familie wat haar ondersteun,” het ’n meer betroubare bron ná aan die paartjie aan Yahoo Entertainment verklap.

US Weekly berig ook dat Macy self geweldige steun van sy medesterre op die Shameless-stel kry.

Benewens tronkstraf is Huffman met $30 000 beboet, en moet sy ’n jaar onder korrektiewe toesig deurbring en 250 uur se gemeenskapsdiens doen.

Wat wag op Felicity agter tralies?

Volgens The Guardian sal Felicity Huffman waarskynlik soos ander gevangenes verskeie take en verpligtinge in die tronk hê.

Sy het toegang tot ’n gimnasium, ’n biblioteek en ’n TV-kamer, het ’n segspersoon van die tronk gesê.

Huffman het vroeër gesê sy wil in die tronk soveel moontlik lees, in die binnehof van die tronk stap en soveel moontlik oefen.

Meer oor:  Felicity Huffman  |  Kalifornië  |  San Francisco  |  Celebs  |  Vermaak  |  Tronkstraf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.