Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Frank sê nou nee vir rook en drank!
Frank Opperman en sy dansmaat, Jeanné Swart.Foto: M-Net

Hy het sy beste voetjie voorgesit. Nadat hy begin dans het, het hy opgehou rook en drink.

“86 dae later gaan ek nie weer begin nie,” sê Frank Opperman (57), oftewel Ouboet, wat Sondagaand uit Dancing with the Stars South Africa! gestem is.

Hy en Jeanné Swart, sy dansmaat, het nie die valbylronde oorleef nie.

Opperman sê hy is “lekker verlig” dat hy uitgestem is. “Sjoe, dit het heavy op my begin raak. Dit was die perfekte tyd, hoewel ek dit tot die einde verskriklik geniet het.”

Opperman sê hy het sy alles in die dansreeks gegee, “maar ’n ou weet wanneer hy nie meer kan bybly nie”.

Hy sê hy wou lankal uitgestem gewees het.

“Die mense wat vir my gestem het, het my hier gehou. Vreeslik dankie vir al die mense wat vir my gestem en ondersteun het,” sê Opperman.

Vir hom is ’n hoogtepunt van die dansreeks dat hy 7 kg verloor het. Hy sê dit is alles van dans en nou is hy superfiks. Nog ’n hoogtepunt is dat hy nou danspassies ken.

Hy sal die ervaring vir geen geld verruil nie, sê Opperman. Dit was alles die moeite werd. Hy het vir 86 dae lank elke dag agt uur lank geoefen.

Hy is bly dat hy nou by sy familie sal kan uitkom.

Opperman was by verre die oudste van die 12 finaliste. Hy is trouens 28 jaar ouer as die naasoudste een.

Noudat hy die dansreeks gegroet het, ondersteun hy vir Eden Classens en Connell Cruise, wat na volgende week se ronde deurgedring het.

Hy is bly dat hy nou by sy familie sal kan uitkom. Hy het ook ’n bouprojek aan die gang wat nou sy volle aandag kan kry.

Opperman moes sy wildtuin-vakansie uitstel weens die dansreeks. Hy beplan om in Junie na die Krugerwildtuin toe te gaan.

Meer oor:  Frank Opperman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.