Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘Frasier’ gesels dalk volgende jaar weer

Die gewilde Amerikaanse sitkom Frasier sal na verwagting volgende jaar in ’n paar nuwe gedaantes herleef.

Kelsey Grammer as dr. Frasier Crane in die sitkom ‘Frasier’.

Kelsey Grammer, wat die rol van die psigiater dr. Frasier Crane in dié sitkom uit die 1990’s vertolk het, sê hy is “midde-in” onderhandelinge met netwerke om dit in 2020 uit te saai.

Grammer het dié karakter die eerste keer in die NBC-sitkom Cheers se derde reeks in die 1980’s vertolk, ’n rol wat hy tot Cheers se einde in 1993 vertolk het.

Die Emmy-bekroonde Frasier het begin met die hoofkarakter wat ’n radioprogram met sielkundige raad in die Amerikaanse stad Seattle begin.

Grammer het in ’n onderhoud op die televisieprogram In Depth with Graham Bensinger gesê die reeks beweeg weg van dit waarmee die kykers vertroud is.

“Ons sal sien hoe mense daarop reageer,” het Grammer gesê.

“Dit speel nie meer in Seattle af nie, so dit gaan nie meer dieselfde Frasier wees nie.

Hopelik sal mense daarvan hou. Sy soeke na liefde duur voort – ek dink dit sal altyd deel van Frasier wees – en ’n dieper verbintenis met sy seun vind neerslag.”

Grammer het vroeër vanjaar gesê Frasier sou teen hierdie tyd seker al van beroep verander het en as “kunshandelaar” of “professor” gewerk het en dalk in Chicago gewoon het waarheen hy aan die einde van die oorspronklike reeks in 2004 verhuis het – aan die einde van die reeks bedank hy en aanvaar ’n pos in San Francisco. Wanneer hy egter op die lughawe land, kondig die vlieënier aan dat hulle so pas in Chicago geland het, die stad waarheen die vrou waarin hy belangstel, verhuis het.

Meer oor:  Kelsey Grammer  |  Frasier  |  Komedie  |  Cheers  |  Televisie  |  Sitkom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.