Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘Game of Thrones’ lok rekordgetal kykers

Sowat 17,4 miljoen Amerikaners het Sondagaand na die eerste episode van die finale seisoen van Game of Thrones gekyk.

Emilia Clarke en Kit Harington in ’n toneel uit die reeks Game of Thrones, waarvan die finale seisoen se eerste episode Sondagaand uitgesaai is. ’n Rekordgetal kykers, vir HBO én die reeks, het na dié episode gekyk. Dié betaalkanaal sê 17,4 miljoen kykers het Sondagaand se eerste episode meegemaak, hetsy aanlyn of op TV. Foto: HBO VIA AP

Dié fantasiereeks het ook die vorige rekord gehou vir ’n program wat deur HBO uitgesaai is. Die eerste episode van die sewende seisoen is twee jaar gelede deur sowat 16,9 miljoen mense gekyk.

Volgens HBO kon die kykertal Sondagaand selfs hoër gewees het. Dit is op sy TV-kanaal vertoon, asook op die apps HBO GO en HBO NOW.

Sommige intekenare op HBO GO het wel gesukkel om aan te sluit om die episode te kyk.

Volgens die webwerf Down-detector.com het intekenare in Amerika, Mexiko en sekere lande in Latyns-Amerika probleme ondervind.

Die reeks is terselfdertyd in Suid-Afrika vertoon en baie aanhangers het tot 03:00 Maandag wakker gebly om deel te wees van dié groot gebeurtenis.

Die episode is wel dieselfde aand op ’n skafliker plaaslike tyd op DStv herhaal. Die rekord vir die meeste TV-kykers op een slag word gehou deur die Superbowl-voetbaleindstryd van 2015, toe 114,4 miljoen kykers in Amerika voor hul TV’s ingeskuif het.

Die episode van ’n TV-reeks wat tot nog toe die meeste kykers gelok het, was die finale uitsending van die humoristiese oorlogreeks M*A*S*H in 1983, wat 105,9 miljoen kykers vir sy slotepisode gehad het.

– Reuters

Meer oor:  Televisiereeks  |  Game Of Thrones
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.