Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Game of Thrones terug! Soort van...

Game of Thrones-aanhangers het skaars ná die laaste seisoen van dié gewilde reeks herstel, maar nou maak aanhangers gereed vir ’n nuwe seisoen.

Nee, niemand steek die draak nie.

HBO, die kanaal waar Game of Thrones uitgesaai is, het nóg tien episodes van dié reeks aangevra en dié nuus Dinsdag aangekondig.

GOT

Dié tien episodes sal deel wees van ’n uitvloeisel genaamd House of Dragon wat 300 jaar voor die aanvanklike gebeure van Game of Thrones sal afspeel. 

Die reeks sal op die skrywer George R.R. Martin se Fire & Blood-boek gebaseer word en die storie van House Targaryen vertel.

HBO het nog nie gesê wanneer die nuwe reeks beskikbaar sal wees nie.

GOT

Game of Thrones-aanhangers was baie ontsteld in Mei nadat die reeks ná agt seisoene tot ’n einde gekom het. Baie aanhangers het nié van die laaste seisoen gehou nie. Reuters

Meer oor:  Hob  |  Amerika  |  Reeks  |  Tv  |  Seisoen  |  Tv-Reeks  |  Game Of Thrones  |  Got
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.