Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Gareth Cliff terug op TV

Die omroeper Gareth Cliff is Woensdag ná 'n afwesigheid van vier jaar terug op televisie as aanbieder van die nuwe aktualiteitsprogram So What Now? op die nuuskanaal eNCA.

“Met alles wat tans in die wêreld aangaan, het dit soos die regte tyd gevoel,” sê Cliff nadat eNCA hom genader het.

Gareth Cliff

Die nuus bepaal die inhoud van elke episode, met uiteenlopende gaste wat daaraan deelneem.

“Ons sal konstruktiewe debat voer,” sê Cliff, wat nog nooit geskroom het om moeilike vrae te vra nie.

“Omstredenheid is net sleg as die betrokke mense mekaar nie respekteer nie. Dit is beter om van ’n vriend as van ’n vyand te verskil.”

Cliff het ses jaar gelede die web-radiostasie CliffCentral begin en hy was voorheen ’n omroeper by 5FM.

Televisiekykers het hom leer ken as een van die beoordelaars in die M-Net-talentsoekprogram Idols SA, waar hy in 11 reekse verskyn het.

Die omroeper Gareth Cliff is ná vier jaar terug op televisie.

Hy het in 2009 sy eie geselsprogram op M-Net aangebied en in 2014 is sy werklikheidsreeks, The Gareth Cliff Show Live, op Comedy Central uitgesaai.

“Radio is my eerste liefde en ek heg veral waarde aan my program op CliffCentral omdat dit my toelaat om sonder enige onderbrekings met my gehoor te skakel. Televisie, en veral om op eNCA te wees, laat my toe om ’n nuwe gehoor te bereik wat my belangstelling in aktuele sake deel. Ook diegene wat nuuskierig is oor menings rakende ons benadering tot die toekoms.”

Cliff glo sy terugkeer na televisie sal tog ’n bietjie van ’n aanpassing wees.

“Ek het immers vir ’n lang tyd nie rondom advertensiegleuwe gewerk nie! Maar die voorbereiding en navorsing vooraf voel nie vir my soos huiswerk nie. Ek lees in elk geval altyd op oor iets.”

* So What Now? word Woensdae om 20:30 op eNCA (DStv-kanaal 403) uitgesaai.

Meer oor:  Enca  |  Gareth Cliff  |  Televisie  |  Nuuskanaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.