Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Gewilde Elise is terug in ‘Binnelanders’

“Ek weet nie of ek uit ’n droom wakker word en of ek nou eers begin droom nie.”

So sê die aktrise Lindie Stander oor haar terugkeer na die kykNET-sepie Binnelanders.

Sy verskyn Woensdag ná agt jaar weer as die maltrap Elise Kruger.

Lindie Stander as Elise Kruger in ‘Binnelanders’. Foto: Binnelanders

Sy was voorheen ’n verpleegster in die reeks, maar is nou ’n mediese verteenwoordiger.

“Ek dink hulle wou weer ’n bietjie komiese verligting na die storie bring,” sê Stander.

“Elise was baie gewild. Daarom dink ek wou hulle ’n bekende gesig terugbring wat gewerk het soos sy was.”

Stander, wat deesdae in Langebaan skoolhou, is nie heeltyds terug nie, maar sy hoop sy sal elke nou en dan weer ’n draai op stel kan maak.

“Buiten vir die nuwe kroeg lyk die stel nog presies dieselfde. Ook die gebou. Dit was soos om by ’n bekende se huis te in te stap.”

In sowel Stander as Elise se geval is die meeste van die mense nie meer daar wat agt jaar gelede saam met haar op televisie verskyn het nie.

“En die ander karakters freak ’n bietjie uit oor haar. Hulle sukkel om haar te plaas. Sy raak maklik carried away. Sy is baie oorrompelend.”

Tertius (Reynardt Hugo) het haar geken en hy weet hoe om haar te hanteer.

Reynardt Hugo (Tertius) en Lindie Stander (Elise) in ‘Binnelanders’. Foto: Binnelanders

Elise kom doen ’n voorlegging by die Binneland-kliniek.

Sy moes dit eintlik met Tertius doen, maar hy kan weens omstandighede nie daar wees nie.

“En sy is effens van stryk af omdat sy dit nou vir Annelize (Cindy Swanepoel) en Maya (Kara du Toit) moet doen. Sy probeer om Annelize aan haar kant te kry, want sy reken Binneland-kliniek is ’n baie belangrike klant om te kry. Sy is goed in haar werk. Sy is nie dom nie.”

Stander het die afgelope paar jaar wel in flieks en die sitkom Seepglad verskyn.

“Maar niks was konstant nie. Ek het so ’n bietjie van die toneel af verdwyn. Dis so lekker om haar weer te speel. Ek was dadelik weer in haar.”

Stander het met depressie geworstel toe sy Binnelanders in 2012 verlaat het. Sy het ook probeer om haarself om die lewe te bring.

“Ek het lank gerou. Maar ek het nou die regte chroniese medisyne om my geestestoestand te beheer. Dit gaan baie goed met my.”

Stander het as kind in ’n hospitaal begin konsert hou.

Lindie Stander (Elise) en Je-ani Swiegelaar (Naomi) in ‘Binnelanders’. Foto: Binnelanders

“My ma was ’n verpleegster (sy het intussen afgetree). Sy het my en my ouer broer dikwels saam hospitaal toe geneem. Dan neem van die ander personeel ons op ’n toer. Hulle sou my op ’n operasietafel sit en sê ek moet nou konsert hou. So ek sê altyd ek het vroeg die teater betree.”

Sy was voorheen veldaanbieder op die kykNET-joernaalprogram Kwêla.

As student aan die Universiteit Stellenbosch het sy ’n Fleur du Cap-teaterprys gewen as belowendste student.

Sy was nog altyd baie lief daarvoor om op te tree.

“Ek is dankbaar vir die kans om weer te kan speel. Nou moet ek my deel doen en ’n liggie laat skyn.”

Binnelanders word weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Meer oor:  Kyknet  |  Binnelanders  |  Sepies  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.