Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Gewilde speurder Emmanuel Cooper kry eie televisiereeks

’n Blitsverkoper van die misdaad- en jeugskrywer Malla Nunn gaan deur Australië se Goalpost Pictures en Suid-Afrika se Quizzical Pictures as televisiereeks vir M-Net vervaardig word.

Nunn is in eSwatini (Swaziland) gebore en woon nou heeltyds in Sydney, Australië. Sy is ook ’n rolprentmaker. Haar gewilde en bekroonde speurroman A Beautiful Place to Die, wat deel is van haar speurreeks met die speurder Emmanuel Cooper, gaan deur die Brits-Australiese skrywer James McNamara en die Suid-Afrikaanse skrywer en dramaturg Amy Jephta (Ellen: The Ellen Pakkies Story) vir die kassie verwerk word.

Goalpost Pictures is bekend om die trefferprent The Invisible Man en die reeks Cleverman. Quizzical Pictures het ’n Peabody-prys vir die reeks Intersexions gewen. Die reekse Swartwater en The Girl from St. Agnes is ook deur Quizzical vervaardig.

Die nuwe televisiereeks handel oor Cooper, ’n wit speurder in Suid-Afrika onder apartheid, wat sy herkoms as bruin man van almal moet wegsteek. Die reeks, met sy moreel ambivalente karakters, speel af teen die opkoms van wit nasionalisme in Suid-Afrika met rassespanning wat hoogty vier.

Nunn is die storieredakteur van Detective Cooper. Sy het A Beautiful Place to Die in 2008 geskryf. Dit was die eerste in wat toe ’n reeks boeke met Cooper aan die stuur sou word. Die karakter is ’n Brit wat ná die Tweede Wêreldoorlog na Suid-Afrika geëmigreer het. Hy is vreemd en sy werkswyse om skuld en onskuld nie volgens velkleur te bepaal nie, bring hom in die moeilikheid. Dit speel af op ’n klein dorpie met die naam Jacob’s Rest, waar die skeidslyne tussen wit en swart duidelik getrek is in ’n verdeelde Suid-Afrika.

– Bronne Variety en Wikipedia

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.