Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Gewilde ‘Succession’ nou ook op Showmax

Die tweede reeks van Succession – wat naas Fleabag en Barry op die webwerf Rotten Tomatoes bestempel is as die beste TV-reeks van 2019 – is nou ook op Showmax beskikbaar.

Dié HBO-drama verken die wel en wee van die Roy-gesin wat aan die stuur staan van een van die grootste mediakonglomerate ter wêreld.

Die eerste reeks het gefokus op die patriarg van die gesin, Logan, wie se loopbaan einde se kant toe staan. Sy vier kinders was almal gretig om sy skoene te vul en het omtrent tougetrek om elkeen ’n stuk van die koek te kry.

Die tweede reeks volg op die kaskenades van die eerste – maar dié keer moet die Roys bontstaan om hul sakeryk in ’n medialandskap te bestuur wat konstant aan die verander is.

Die reeks het reeds wêreldwyd pryse verower, onder meer ’n Bafta-prys vir beste internasionale TV-program. Dit is ook onlangs vir vyf Emmy-pryse benoem, onder meer beste drama, en het eindelik twee gewen: Jesse Armstrong is vir sy skryfwerk bekroon en die Amerikaanse komponis Nicholas Britell, wat al twee keer vir ’n Oscar vir beste klankbaan benoem is (Moonlight, If Beale Street Could Talk), het die prys vir beste oorspronklike temalied gewen.

Kritici is versot op die reeks. James Delingpole van The Spectator beskryf dit as “geniaal”. Matt Zoller Seitz van Vulture skryf “dit is een van die beste reekse wat HBO die afgelope paar jaar uitgesaai het”, en Tim Goodman van The Hollywood Reporter meen “dit is een van die beste ure op televisie”.

Die rolverdeling sluit in Hiam Abbass, Nicholas Braun, Brian Cox, Kieran Culkin, Peter Friedman, Natalie Gold, Matthew Macfadyen, Alan Ruck, Sarah Snook en Jeremy Strong. Die Oscar-bekroonde aktrise Holly Hunter het haar by die rolverdeling van die tweede reeks aangesluit. ’n Derde reeks word ook beplan.

* Om Succession en nog talle ander TV-reekse op Showmax te kyk, teken hier in.

Meer oor:  Succession  |  Tv  |  Drama  |  Showmax
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.