Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Gibbs kry ’n verrassende besoek in NCIS se seisoen-slot

Moenie verder lees as jy nie wil weet nie!

In die laaste episode van seisoen 16 van die gewilde televisiereeks NCIS kry die karakters ’n onverwagse – en baie welkome – besoeker.

Terwyl Gibbs (Mark Harmon) sy vriend Fornell (Joe Spano) help met ’n ondersoek na ’n saak waarby Fornell se dogter betrokke is, voel dit vir Gibbs asof sy oorlede vrou naby is, berig CNN.

Laaste waarskuwing: Hou op lees as jy nie wil weet nie!

In die finale oomblikke is Gibbs besig om aan ’n boot te werk in sy geliefde kelder, wanneer hy ’n geluid op die trap hoor . . . en daar stap Ziva David (Cote de Pablo), oudkollega en oud-Mossad-agent, met die trap af.

“Hallo Gibbs,” sê sy. “Daar is nie tyd vir gesellige praatjies nie, jy is in gevaar.”

Gibbs is sprakeloos.

Sy vra: “Wel, gaan jy nie iets sê nie?”

“Ziver,” noem hy haar op sy bynaam vir haar. Hy knik sy kop en glimlag.

Sy glimlag terug. En dan sak die spreekwoordelike gordyn.

Ziva was in 2013 laas op die program.

Daar is aanvanklik gedink Ziva is dood, maar in ’n vorige episode is geskimp dat sy nog leef, berig USA Today.

“Hierdie verrassing is net die begin,” sê Frank Cardea en Steven D. Binder, vervaardigers van die reeks.

“Ons is bly om aan te kondig dat Cote de Pablo die gasster sal wees in die première van seisoen 17 wanneer kykers meer oor die gevaar vir Gibbs sal leer.

Meer oor:  Vermaak  |  Tv-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.