Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Glam Guru: ‘Bemeester grimering met net vier items’

’n Hokkiebesering en gevolglike knie-operasies het die tienerjare van Franche Bosman, gister se deelnemer aan die voorkomstransformasie-reeks Glam Guru, gedefinieer.

Sy het weens haar besering op 16 nie soos ander tienermeisies en jong vroue met grimering en haarstyle geëksperimenteer nie. Vier jaar lank was haar fokus op herstel.

Franche Bosman voor.

Bosman (20) is egter nou weer letterlik op die been en gereed om op haar heel beste te lyk. Dit is presies waarom sy vir Glam Guru ingeskryf het.

Hannon Bothma, die aanbieder, het Bosman se hare in ’n modieuse styl gekap.

“ ’n Korter en moderner styl wat sy op verskillende maniere kan stileer, is presies wat sy nodig het noudat sy ’n sosiale jongmeisie-lewe gaan geniet,” sê Hannon.

“Franche lyk pragtig as ’n brunet, maar selfs die mooiste bruin hare kan interessanter lyk met ’n paar strategiese sonstrepe wat haar gesig raam,” sê hy oor die sonstrepies wat Bosman se gesig nou ophelder.

Hy stel sy Normalising Shampoo en Detangling Condi­tioner voor om te verseker haar hare bly in ’n goeie toestand.

Omdat Bosman nog nie werklik met grimering geëksperimenteer het nie, stel Hannon voor dat sy eers ’n basiese grimeervoorkoms bemeester wat uit net vier items bestaan: “ ’n poeieronderlaag, ’n blosser wat ook sommer ’n oogskadu is, ’n lippotlood waarmee sy haar hele mond inkleur en swart maskara.”

Franche Bosman

Lizel van der Westhuizen, Glam Guru se modestilis, het goeie raad, nie net vir Bosman nie, maar vir elke jong vrou se klerekas.

“Elke jong dame moet mooi T-hemde in die kas hê. Kies vars en vrolike ontwerpe en bly weg van dowwe, uitgewaste kleure.

“Om ’n uurglasfiguur te skep, kombineer ’n nousluitende romp met ’n pofmoubloes.”

Van der Westhuizen sê vroue wat van gemaklike tekkies hou, moet op die uitkyk wees na opgeboude sole “om jou meer lengte te gee” en iets met ’n tikkie blink om dit opwindender te laat lyk.

Soek die advertensie oor die kompetisie in die koerant en volg die aanwysings om deel te neem.

Wie weet, dalk is jy vandeesweek een van die twee gelukkige wenners .

  • Glam Guru word elke Sondag om 17:30 op kykNET uitgesaai.
Meer oor:  Hannon  |  Mooimaak  |  Tv-Reeks  |  Skoonheid  |  Glam Guru
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.