Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘Glam Guru’ betower met grys

Tydens die inperking het baie mense se nagklere ook sommer hulle dagklere geword en van mooimaak was daar nie sprake nie.

Dit was ook die geval vir Zahraa McDonald, vandeesweek se deelnemer aan die voorkomstransformasiereeks Glam Guru.

Zahraa McDonald

McDonald is ’n navorser aan die Universiteit van Johannesburg (UJ). Sy moes onlangs haar studeerkamer verruil vir UJ se kampus en spook om ontslae te raak van die gemak van inperking-uitrustings.

McDonald kan danksy voorkomswenke nou weer met selfvertroue tussen die studente beweeg.

“Net soos ’n swart nommertjie is ’n wit bloes ’n stapel-item in elke vrou se kas. As jy grys hare het, dra altyd sneeuwit en nooit ivoorwit nie,” sê Lizel van der Westhuizen, Glam Guru se modestilis, oor McDonald se klerekas. Daarmee saam stel sy ’n mentkleurige langbroek voor.

“As Moslemvrou is kuisheid baie belangrik, maar sy kan steeds snitte dra wat nie noodwendig vormloos is nie,” sê Van der Westhuizen.

Hannon het oudergewoonte gereed gestaan met praktiese raad oor hare, velsorg en grimering.

Zahraa McDonald ná haar mooimaaksessie.

“As jou hare maklik kroes en jy boonop nie baie vaardig is met stilering nie, het jy 'n styl nodig met ’n sterk vorm sodat dit altyd goed kan lyk, selfs met min moeite,” sê Hannon en voeg by dat sy produkte Extreme Anti-frizz Shampoo en Conditioner ideaal is vir dik krulhare.

“Om haar grys haarkleur ’n fokus te maak, moes ons ’n paar ekstra grys strepe oor Zahraa se voorste haarlyn deurweef sodat sy selfs nog gryser en ligter kan lyk.”

Hannon stel ook rooi lipstiffie voor sodat McDonald se glimlag die fokuspunt van haar gesig kan wees sonder dat sy veel ander grimering hoef aan te wend.

  • Vandeesweek se wenner in Beeld se Glam Guru-kompetisie is Hannelie Meyer van Hartenbos in die Wes-Kaap.

“Is jy ernstig? Jy maak nie nou ’n grap met my nie?” wou Meyer weet toe sy hoor sy is binnekort ’n geskenkpak ter waarde van R2 500, propvol Hannon-skoonheidsprodukte, ryker.

Beeld se Glam Guru-kompetisie duur so lank soos die 20ste seisoen van die reeks op die kassie is. Soek die advertensie oor die kompetisie elke Maandag of Dinsdag in die koerant en volg die aanwysings om deel te neem.

  • Glam Guru word elke Sondag om 17:30 op kykNET uitgesaai.
Meer oor:  Mooimaak-Sessies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.