Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Glam Guru: Glanswenke om beste uit bootreis te haal
Annemarie Meyer

Om mooi te lyk terwyl jy reis is makliker gesê as gedaan, maar dis presies wat dié week se deelnemer aan ’n kykNET-televisieprogramdanksy kenners se raad gaan vermag.

Annemarie Meyer en haar man is mal oor reis en het tans ’n bootvakansie in hul visier.

Sy het by die voorkomstransformasiereeks Glam Guru gaan aanklop vir hulp om so mooi as moontlik te kan lyk op die reis – al het sy beperkte pakplek in haar tas vir die bootvaart.

Danksy Glam Guru gaan Meyer haar vakansie met ’n spoggerige, splinternuwe kapsel aanpak. Sy spog met skouerlengte hare wat maklik gestileer kan word sodat sy nie te veel tyd in die kajuit hoef deur te bring nie.

Hannon Bothma, aanbieder van Glam Guru, sê al is Meyer se smuktassie piepklein, is daar een ding wat sy nie by die huis mag los nie: “Platinum Leave-In Toner wat haar sonstrepe regdeur die bootvaart mooi helder gaan laat sprankel en vergeling gaan teenwerk.”

’n Opgeleide skoonheidsdeskundige het vir Meyer ’n dubbele velafskilfering gedoen om ’n meer eweredige veltekstuur te verseker. Hannon beveel aan dat sy op die bootrit veral saans aandag gee aan haar velsorgroetine.

“ ’n Reiniger en die Midnight Repair Serum – haar skoonheidslaap in ’n botteltjie,” sê hy.

Annemarie Meyer na.

Lizel van der Westhuizen, Glam Guru se modestilis, stel voor dat Meyer ’n kaftan inpak wat sy op drie maniere kan dra. “As rok, bo-oor ’n broek en hemp en oor haar baaikostuum op die dek,” verduidelik Van der Westhuizen hoe veelsydig ’n kaftan kan wees.

Sy stel ook voor dat Meyer ’n omkeerbare denim, denimbaadjie en skoene in ’n neutrale kleur inpak.

Moenie vergeet van Beeld se Glam Guru-kompetisie nie. Amanda Bezuidenhout van Bloemfontein het onthou en spog binnekort met ’n geskenkpak vol Hannon-produkte ter waarde van R2 500.

“Ek glo dit nie! Dis net wonderlik. Jy weet nie hoe begeer ek Hannon se produkte nie, ek het hoendervel so groot soos wat ek is,” het ’n opgewonde Bezuidenhout gesê toe sy hoor sy het gewen.

Sy en al die ander wenners sal telefonies met ’n Hannon-konsultant gesels om te bepaal watter vel- en haarsorgprodukte in die geskenkpakke moet wees.

Vir die duur van die 20ste seisoen van die reekssal een leser per week ’n geskenkpak wen. Soek die advertensie oor die kompetisie in die koerant en volg die aanwysings om deel te neem.

  • Glam Guru word elke Sondag om 17:30 op kykNET uitgesaai.
Meer oor:  Kyknet  |  Annemarie Meyer  |  Skoonheid  |  Mooimaakwenke  |  Glanswenke  |  Bootreis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.