Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Glam Guru: ‘Hoe beter jy lyk, hoe beter voel jy’

Lupus, ’n outo-immuunsiekte, is tydens haar swangerskap by Janine Scheepers ge­diag­noseer.

Sy het die afgelope week in die voorkomstransformasie-reeks Glam Guru verskyn.

Scheepers sê die siekte takel haar fisiek en emosioneel af en ná elke episode voel dit asof sy ’n tikkie van haar vrouwees verloor. As sy in die spieël kyk, sien sy iemand wat oud en moeg lyk.

“Om ’n siekte soos lupus te beveg, is ’n positiewe ingesteldheid net so belangrik soos jou medikasie. As jy moeg voel, moet jy juis ’n energieke voorkoms skep, want as jy beter lyk, voel jy beter,” sê Hannon Bothma, die aanbieder van Glam Guru wat Scheepers onder hande geneem het.

Hannon het vir Scheepers ’n “energieke, korter en astrante” haarstyl gekies. Hy stel ook voor dat sy Hannon Anti-Hair Loss-kapsules neem en Hannon Hair Growth Follicle Booster aan haar kopvel spuit, aangesien haar lupus-behandeling tot haarverlies kan lei.

Janine Scheepers voor.

“Daar is geen haarkleur wat iemand se gemoed soveel kan lig as blond nie. As dit boonop ’n koperblond is, warm dit sommer jou gelaatskleur ook op,” sê Hannon oor Scheepers se nuwe haarkleur.

Hannon stel voor dat Scheepers as lupuslyer haar velsorg­roetine eenvoudig hou en produkte gebruik wat inflammasie teenwerk en nie kunsmatige reuk- en kleurmiddels bevat nie.

Janine Scheepers

Hannon sê Scheepers kan met die regte grimering sprankelend lyk – al voel sy nie so nie.

Hy stel swart maskara voor om haar oë op te helder en ’n blosser wat haar gelaat sonbruin laat lyk.

As deel van Scheepers se behandeling moet sy kortisoon gebruik. Dit kan veroorsaak dat sy gewig optel en groter lyk. Sy is veral selfbewus oor haar maag, maar hiervoor het Lizel van der Westhuizen, Glam Guru se modestilis, goeie raad.

“Lang bloese met skuins lyne verbloem die probleemgebied. Jy kan ook skuins lyne skep met ’n gewone bloes deur die bloes te knoop, ’n handsak skuins oor jou lyf te dra of ’n lyfband skuins te drapeer.”

  • Vir die eerste keer is die week se wenner in Beeld se Glam Guru-kompetisie ’n man.

Pieter Byliefeldt van Krugersdorp sê egter sy vrou, Anita, gaan bederf word met die Hannon-geskenkpak ter waarde van R2 500.

Die geskenkpak is propvol produkte wat, danksy ’n aanlyn konsultasie met een van Hannon se konsultante, aangepas is om by die wenner (of sy vrou) se haar- en veltipe te pas.

Die kompetisie duur tot 30 Junie. Om deel te neem, soek die advertensie oor die kompetisie in die koerant en volg die aanwysings. Wie weet, dalk is jy die volgende gelukkige wenner.

  • Glam Guru word elke Sondag om 17:30 op kykNET uitgesaai.
Meer oor:  Kyknet  |  Glam Guru
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.