Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Glam Guru: Kankerlyer skitter met nuwe voorkoms

As jy deur die strate van Krugersdorp aan die Gautengse Wes-Rand ry, sien jy dié week se deelnemer aan Glam Guru se gesig op die lamppale.

Theresa Fouché wil egter ’n nuwe foto laat neem.

Theresa Fouché

Fouché is ’n eiendomsagent wat al vir 18 jaar lank ’n stryd teen kanker voer.

Die stryd is nog nie gewonne nie, maar Fouché is gereed om ’n nuwe blaadjie met haar voorkoms om te slaan.

Die aanbieder van Glam Guru, Hannon Bothma, is net die regte persoon om Fouché by te staan en te verseker dat sy weer trots voel om haar gesig teen die lamppale te sien.

Met kankerbehandeling kom haarverlies saam. Bothma het daarom Fouché se haarstyl se lengte en volume aangepas om te verseker dat dit dikker vertoon. Haar hare is ligter gekleur om Fouché se gesig te verhelder en vir haar ’n jeugdige en energieke voorkoms te verseker.

Kankerbehandeling eis ook sy tol op die vel. Hiervoor stel Bothma ’n vogroom vir ekstreme en chroniese droë vel voor vir die gesig en lyf.

Hy stel oogskadu voor wat die oogkleur herhaal en omdat Fouché se hare ligter is, raai hy ’n sagter en ligter lipstiffie aan.

Lizel van der

Theresa Fouche ná die tyd.

Westhuizen, Glam Guru se modestilis, het vir Fouché raad oor hoe om haar kort lyf langer te laat vertoon.

“Wanneer jy ’n moulose opgestopte baadjie dra, dra dit altyd oop, want dit skep ’n vertikale lyn wat jou langer laat lyk. As jy ’n groot borsmaat het vermy soliede helder bloeskleure. Soek eerder vir jou gunstelingkleur in ’n patroon. Helder skoene moet liefs vermy word wanneer jy kort is, want dit gaan jou nog korter laat vertoon. Kies eerder ’n kleur wat naby is aan jou broekkleur, of andersins ’n neutrale kleur paar hakke,” sê Van der Westhuizen.

Sy sê die perfekte lengte vir ’n rok vir ’n korter persoon is twee vingers bo die knie.

“Die gedagte aan ’n slegte gesondheidsdiagnose kan jou óf lam van vrees laat óf jy kan besluit om skielik nuwe kanse te waag.

“Niemand weet wat môre gaan bring nie, maar as jy vandag besluit om jou hare blou te kleur, kan jy ten minste sê ek het dit probeer,” sluit Bothma af.

Fouché se hare is nie blou nie, en dis ook nie haar gevoel oor haar splinternuwe voorkoms nie!

Glam Guru word Sondae om 17:30 op kykNET uitgesaai.

Meer oor:  Hannon Botha  |  Glam Guru
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.