Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Glam Guru: Lyk só op jou beste as jy aanlyn moet werk

Om ’n kongres te lei wat aanlyn uitgesaai word, moet ’n mens op jou heel beste lyk. Dit is dié besef wat Sandra van Niekerk aangespoor het om die raad van ’n voorkomskenner te kry.

Sy was vandeesweek se deelnemer aan die voorkomstransformasie-reeks Glam Guru.

Sandra van Niekerk

Hannon Bothma, die aanbieder van Glam Guru, weet presies hoe om Van Niekerk op te tof sodat sy dinamies, interessant en toeganklik lyk vir haar gehoor – in lewende lywe of virtueel.

“Die uitdaging as jy met grys hare ’n gehoor se aandag moet behou, is dat jy baie maklik dof kan lyk – veral op ’n rekenaarskerm,” sê Hannon oor Van Niekerk se hare.

Hy het hierom vir haar ’n nuwe haarstyl met blonde sonstrepies gegee.

“Ek vermoed dit gaan ’n reuse-impak maak ten opsigte van haar optrede-voorkoms en haar eie haarkapper sal baie maklik die uitgroei in stand kan hou,” sê Hannon.

Hy sê donker lipstiffie sal nie deug voor ’n gehoor nie.

“Die Rosebud-lipstiffie het die ideale kleurintensiteit en sal jou glimlag vriendelik versier sonder om jou vreemd vir jouself te laat lyk en voel.

“In ’n Zoom-optrede steel die rekenaarskerm die kleur van jou gesig wat jy maklik met ’n blosser kan herstel. Die Peachy Blusheris my aanbeveling as jy natuurlik maar ook ietwat jeugdiger wil lyk.”

Sandra van Niekerk na

’n Reiniger, opknapper en vogroom sal die kondisie van Van Niekerk se vel mooi handhaaf. Hannon stel egter ook voor dat sy produkte gebruik wat die simptome van veroudering teenwerk.

Lizel van der Westhuizen, Glam Guru se modestilis, het ook goeie raad wat Van Niekerk se kleredrag vir die kongres betref.

“ ’n Baadjie sal jou altyd meer formeel laat lyk. Kombineer dit met ’n donker chinobroek, wat jou meer ontspanne maar steeds stylvol sal laat lyk.

“As jou boarms nie meer ferm is nie, dra rokke en bloese met ’n valmou wat jou boarms effens versag.

“Indien die kleure in jou uitrusting baie helder is, kombineer dit met neutrale bykomstighede.”

  • Vandeesweek se wenner van Beeld se Glam Guru-kompetisie is Meagan Kemp van Muckleneuk in Pretoria. Sy wen ’n Hannon-geskenkpak propvol produkte wat by haar haar- en veltipe pas. Kemp sê sy is mal oor velprodukte en grimering en die prys is so reg in haar kraal.
  • Beeld se Glam Guru-kompetisie duur tot 30 Junie en daar is elke week Hannon-skoonheidsprodukte ter waarde van R2 500 op die spel. Om deel te neem, soek die advertensie oor die kompetisie in die koerant en volg die aanwysings.
  • Glam Guru word elke Sondag om 17:30 op kykNET uitgesaai
Meer oor:  Hannon Bothma  |  Tv-Reeks  |  Glam Guru  |  Mooimaak-Sessies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.