Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
'Glam Guru': Sonstrepe, ligte kleure vir elegante troue

Martie Potgieter is baie opgewonde oor haar broer se troue. Dit beloof om ’n elegante geleentheid te wees, aangesien hy ’n glansryke modeontwerper is.

As suster van die bruidegom en gasvrou was sy bang haar voorkoms sal nie gepas wees nie.

Die voorkoms-transformasiereeks Glam Guru het egter vir Potgieter goeie raad gehad om seker te maak sy kan op haar broer se troudag deur ’n ring getrek word.

Sy was dié naweek se deelnemer aan Glam Guru.

Hannon Bothma, aanbieder, stel voor Potgieter gebruik produkte wat haar fyn hare groter volume gee en spuit dan ’n haarsproei aan om te verseker nie ’n haartjie is uit sy plek op die troue nie.

Martie Potgieter

Haar donker hare het nou sonstrepe in, wat haar oë versag en haar haarstyl meer romanties laat lyk.

“Op die glanstroue gaan die kameras die hele aand flits. Om te verseker dat sy die hele aand kamera-gereed lyk, moet sy haar Two-in-one Powder Founda­tion (’n Hannon-produk) in haar handsakkie hou,” sê Hannon oor Potgieter se grimering.

Hy stel ook ’n helder, koraalkleurige lipstiffie voor.

Martie ná.

Wat ’n uitrusting betref, het Lizel van der Westhuizen, Glam Guru se modestilis, die volgende raad: “Om op die kleur van jou aandrok te besluit, kyk in jou klerekas wat jou gunsteling-kleur is.

“Elegante, ligte kleure wat jou herinner aan ’n koninklike troue, is meer geskik vir ’n elegante geleentheid as helder en uitspattige kleure.”

Van der Westhuizen sê bykomstighede moet minimaal wees as die rok baie detail, soos kant en plooitjies, het en Potgieter se handsakkie moet klein wees en by die kleur van die uitrusting pas.

“Kies ’n wighakskoen as jy lank op jou voete gaan wees, want dis gemaklik en gee jou lengte,” sê Van der Westhuizen.

  • Vandeesweek se wenner van Beeld se Glam Guru-kompetisie is Suzette Kritzinger van Benoni. Sy wen ’n Hannon-geskenkpak ter waarde van R2 500 en sal aanlyn met ’n Hannon-konsultant gesels om seker te maak sy kry die regte produkte vir haar vel- en haarsoort.

Beeld se Glam Guru-kompetisie duur so lank as wat die 20ste seisoen van die reeks op die kassie is. Soek die advertensie oor die kompetisie elke Maandag of Dinsdag in die koerant en volg die aanwysings om deel te neem.

  • Glam Guru word elke Sondag om 17:30 op kykNET uitgesaai.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.