Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Glam Guru: Voorkoms eer oorlede ma
Hester de Lange

Sy wil, nes haar oorlede ma, met ’n goeie voorkoms ’n voorbeeld vir haar kinders stel en altyd deur ’n ring getrek kan word.

Daarom het vandeesweek se deelnemer aan die voorkomstransformasie-program Glam Guru vir die program ingeskryf.

Hester de Lange hoop om met haar nuwe voorkoms ook haar ma se nalatenskap te eer.

Sy sê haar goed versorgde ma was vir haar ’n inspirasie en rolmodel, maar syself het die pad hiermee byster geraak ná haar ma se dood.

Die aanbieder van Glam Guru, Hannon Bothma, het ingetree as rigtingwyser en De Lange spog nou met ’n korter kapsel met sonstrepies in. Hannon sê die ligter hare laat haar sagter en vrouliker lyk.

Na

Hannon beveel brons- en pruimskakerings vir oogskadu aan omdat dit gepas is vir enige geleentheid.

Glam Guru se modestilis sê denimbroeke moet die kurwes vlei. “ ’n Wye broekspyp kan ’n mens soms groter laat vertoon. As jy kort is, vou jou pyp om sodat daar net so ’n bietjie enkel wys.”

Sy raai De Lange ook aan om haar bloes in te steek en dan ’n bietjie uit te trek sodat dit sagter drapeer en dat sy ’n lyfband dra vir ekstra elegansie en kleur.

“Skoonhede staan nie uit omdat hulle die mooiste hare het of klere dra nie, hulle lok bewondering uit omdat hulle ’n skoonheidsingesteldheid het,” sê Hannon. “Soms word jy daarmee gebore, maar soms moet jy dit deel maak van jou daaglikse roetine sodat jy elke dag die beste weergawe van jouself in die spieël kan sien.”

De Lange en haar kinders sien nou die beste weergawe van haar en so onthou sy dan ook haar ma.

Skakel Sondae om 17:30 op kanaal 144 (kykNET) in vir die weeklikse episode van Glam Guru.

Meer oor:  Oormaaksessie  |  Voorkoms  |  Glam Guru  |  Mode
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.