Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
GoT: Kyk wie sit op die ystertroon

Wees gewaarsku: hier lees jy op eie risiko oor Game of Thrones se slotepisode wat Maandag op M-Net uitgesaai word.

Ná agt seisoene en 73 episodes het dié fantasie-drama op HBO Sondagaand in Amerika tot ’n einde gekom.

Die slotepisode van 80 minute bevat die een skokwending na die ander, met ’n moord en ’n onverwagte keuse vir ’n heerser oor die fiktiewe koninkryk van Westeros.

Die reeks is gegrond op die boekreeks deur George R.R. Martin.

Emilia Clarke as Daenerys Targaryen in Game of Thrones.

Die laaste seisoen was egter die moeilikste om te voltooi met aanhangers en kritici wat die storie-ontwikkeling nie deurgaans goed ontvang het nie.

Die seisoen het ondanks fel kritiek rekords vir HBO behaal met ongeveer 43 miljoen kykers per episode net in Amerika alleen.

Die grootste kritiek was die boosaardige draai deur Daenerys Targaryen (vertolk deur Emilia Clarke), die Dragon Queen, om tienduisende onskuldige mense te laat sterf, ’n wending wat kritici as te drasties beskou in ag genome die karakter se vorige optrede.

Dié voorlaaste episode, “The Bells”, het die swakste kyksyfers ontvang.

In die slotepisode word sy vermoor deur haar minnaar en neef, Jon Snow (vertolk deur Kit Harington), – die reeks bevat talle bloedskandelike verhoudings – wat vrees dat haar tirannie net ’n weerspieëling van haar voorgangers sal wees.

Sonder ’n heerser, word ’n onverwagse keuse vir ’n koning aangewys – Brandon Stark (Isaac Hempstead Wright).

Brandon is in die reeks se loodsepisode in 2011 van ’n toring afgestamp wat hom gebreklik gelaat het, maar mistieke magte aan hom besorg het wat hom in staat stel om die verlede en toekoms te sien.

Die reeks se oorspronklike loodsepisode is nooit uitgesaai nie weens herverfilming en nuwe rolverdelings. Die reeks het in ’n kulturele fenomeen ontaard.

Maandag kan kykers in Game of Thrones sien wat die lot is van Daenerys Targaryen, vertolk deur Emilia Clarke.

Die begroting het gestyg en episodes het naderhand tot $15 miljoen (sowat R217 miljoen) elk gekos, berig Variety.

Dit het talle Emmy-televisiepryse ontvang, wat drie pryse as beste drama insluit.

Onverwagse, senutergende oomblikke kenmerk sedert die begindae die reeks, soos die dood van die edelman Eddard Stark (Sean Bean), wat in die reeks se bemarkingsveldtog gebruik is, sowel as die “Red Wedding” in die derde seisoen waarin sleutelkarakters in ’n fiktiewe oorlog sterf wat deur die Skotse geskiedenis geïnspireer is.

HBO beplan reeds ’n voorvolgreeks wat duisende jare vroeër as die reeks se fiktiewe tydlyn afspeel.

Die reeks se skeppers, Dan Weiss en David Benioff, gaan die volgende reeks van die Star Wars-rolprente vervaardig.

* Game of Thrones word Maandag om 22:00 op M-Net (DStv-kanaal 101) uitgesaai.

Meer oor:  Televisie  |  Vermaak  |  Game Of Thrones
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.