Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Groot name agter nuwe dokkie oor Oscar Pistorius
Oscar Pistorius, die Paralimpiese atleet.Foto: Getty Images

’n Nuwe dokumentêre reeks oor die lewe van die Paralimpiese atleet en veroordeelde moordenaar Oscar Pistorius word in November uitgesaai.

Luidens ’n verklaring van ESPN is die dokumentêr se titel The Life and Trials of Oscar Pistorius en dit sal in vier episodes uitgesaai word.

Die reeks is deel van ESPN se bekroonde 30 for 30-reekse.

Die eerste episode word op 19 November om 20:00 op ESPN, DStv-kanaal 218, uitgesaai. Dit sal ook op sowel DStv Catch Up as die ESPN Player-app beskikbaar wees.

Die BAFTA-bekroonde Daniel Gordon (“ Hillsborough ,” “ George Best: All By Himself ”) is die regisseur, en die Oscar-bekroonde John Battsek (“ Searching for Sugarman ”, “ One Day in September ”) is die vervaardiger.

Die reeks vertel die storie van die Suid-Afrikaanse Paralimpiese atleet en internasionale held Oscar Pistorius, wat miljoene mense geïnspireer het met sy deursettingsvermoë en toegewydheid, en toe die middelpunt van ’n moordsaak geword het.

Oscar Pistorius, die beskuldigde.Foto: Getty Images

Die tragiese dood van Reeva Steenkamp en die sirkus wat gevolg het, het net soos sy loopbaan en lofbetuigings die storie van die eeu geword.

Die reeks bevat onderhoude met mense naaste aan die saak en werp ook lig op ander onderwerpe soos geslagsgeweld, rassediskriminasie en ongelykheid, asook toelaes vir gestremdes.


Pistorius het Steenkamp op 14 Februarie 2013 in die vroeë oggendure in sy huis doodgeskiet toe hy haar glo vir ’n huisrower aangesien het.

Volgens Pistorius was die voorval ’n “tragiese ongeluk”, maar sy optrede in die verlede, asook sy getuienis in die hof, het twyfel oor sy eerlikheid laat ontstaan.

Evert van der Veer, adjunk-president van Media Networks van The Walt Disney Company in Afrika, het gesê die storie van Oscar Pistorius is uitsonderlik in sy kompleksiteit.

Gordon, die regisseur, sê hy hoop die reeks gee vir mense bykomende konteks en “lae tot ’n storie wat hulle gedink het hulle ken”.

Uitsaai-inligting:

ESPN (DStv 218)

• Deel 1: Donderdag 19 November om 20:00. Heruitsending op Sondag 22 November om 20:00

• Deel 2: Donderdag 26 November om 20:00. Heruitsending op Sondag 29 November om 20:00

• Deel 3: Donderdag 3 Desember om 20:00. Heruitsending op Sondag 6 Desember om 20:00.

• Deel 4: Donderdag 10 Desember om 20:00. Heruitsending op Sondag 13 Desember om 20:00.

Kyk na die voorskou:


Meer oor:  Dokumentêr  |  Oscar Pistorius
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.