Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Gruwelflieks op Showmax vir Halloween
Die bose nar Pennywise in ‘It: Chapter One’.

Terwyl die oorsprong van Halloween in die Kelte se “All Hallows’ Eve” (hoofsaaklik ’n oesfees) gevind kan word, het die Amerikaners dié dag op 31 Oktober in ’n bisarre viering omskep waarin bangmaak die hoof-aktiwiteit is.

Showmax vier die geleentheid met agt top-gruwelflieks, onder meer It: Chapter One, geskoei op die boek deur die meester van alle rillerskrywers, Stephen King. Dit is ook die gruwelprent wat tot nog toe die meeste geld verdien het.

It: Chapter One

’n Groep dorpskinders moet hul keer ken wanneer die vreesaanjaende hanswors Pennywise op hulle jag maak.

Sophia Lillis en Bill Skarsgård is in die hoofrolle.

Hereditar y

Die briljante aktrise Toni Colette (Unbelievable) en Alex Wolff (Jumanji: Welcome to the Jungle) is te sien in die verhaal van Ellen se familie wat ná haar dood geheime ontrafel wat hulle laat besef hulle het dieselfde lot geërf.

The Walking Dead

Ná ’n apokalips soek ’n klompie oorlewendes na veiligheid terwyl hulle om hul lewe veg. Intussen kom die polisiehoof by nadat hy in ’n koma verval het en vind ’n dorp bestrooi met lyke, net sy vrou en seun vind hy nêrens nie. Met onder andere Andrew Lincoln, Jeffrey Dean Morgan en Samantha Morton.

Dit is van 2016 tot 2019 as die beste gruwel-TV-reeks in Amerika aangewys.

Lady Gaga in ‘American Horror Story: Hotel’.

American Horror Story: Hotel

Die Hotel Cortez in die fliek is losweg gegrond op die werklike Chicago-hotel wat in 1893 deur die reeksmoordenaar H.H. Holmes opgerig is en as Murder Castle bekend gestaan het. Lady Gaga het ’n Golden Globe ontvang vir haar spel as die vampier-toesighouer van die hotel. Ander bekende akteurs is Kathy Bates en Angela Bassett.

The Strain

Die Oscar-bekroonde regisseur Guillermo del Toro (The Shape of Water, Pan’s Labyrinth) het die leisels gehou in die verhaal oor ’n raaiselagtige uitbreking op ’n vliegtuig. Dié virale bloedsuiery kring uit en bedreig die hele New York.

Corey Stoll (Ant-Man, House of Cards), David Bradley (Walder Frey in Game of Thrones), Sean Astin (Lord of the Rings) en Kevin Durand (Wolverine) is hierin te sien.

Outcast

’n Kluisenaar met ’n verlede vol probleme keer terug na sy tuisdorp waar hy sy duiwels moet konfronteer nadat hy as jong seun by duiwelsuitdrywing betrek is.

Patrick Fugit (Full Circle, Gone Girl) vertolk Kyle. Die skrywer Robert Kirkman van The Walking Dead-faam is die skepper van die verhaal.

Los Espookys

Dié gruwelkomedie speel af in ’n rustige Latyns-Amerikaanse land genaamd Espookys waar ’n groep kinders geld maak uit hul liefde vir gruwels. Hulle verskaf gruwels aan dié wat dit wil hê. Met onder andere Julio Torres en Ana Fabrega.

’n Toneel uit ‘The Walking Dead’.

What We Do in the Shadows

Showmax stel die fliek op 31 Oktober bekend, spesifiek vir diegene wat Halloween se belaglike kostuums en pret bo die bangmaak-aktiwiteite geniet. ’n Groep vampiere wat meer as ’n honderd jaar saam in New York se Staten Island woon, het die wêreld se tyd om op mekaar se senuwees te werk. Matt Berry en Kayvan Novak is hierin te sien.

Klik en kyk op Showmax of teken in. 

Meer oor:  Halloween  |  Gruwelflieks  |  Showmax
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.