Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Heerlike TV-vermaak in vervroegde vakansie

Dis nie nodig om te wonder wat om in hierdie vervroegde vakansie te doen nie. Al moet almal verkieslik tuisbly, is die tyd amper te min om alles te kyk wat aanlyn en op televisie aangebied word.

Showmax het ’n besonderse lys van vermaak vir alle ouderdomsgroepe.

In “The Hardy Boys” speur die broers Frank en Joe die waarheid oor hul ma se tragiese ongeluk na.

Een van die verrassings vir ouers en kinders is The Hardy Boys met die broers Frank en Joe wat op ’n kundige en onverskrokke manier die waarheid oor hul ma se tragiese ongeluk naspeur.

Jonges hoef nie te frons nie. Probeer dit net. Die karakters is nie bloukouse nie en die geheim agter alles wat op die klein dorpie Bridgeport aan die gang is, is spanningsvol en humoristies.

Ja, dit is makker as bloederige rekenaarspeletjies en die tegnologie is beperk tot die minimum. Daar word op die ou manier van telefoonhokkies af gebel, tweerigtingradio’s word gebruik en kodes word sommer nog op die outydse manier ontsyfer. Dit laat jou so effens dink aan die goeie outydse manier waarop Indiana Jones gewerk het.

In die goeie ou tradisie is daar ook ’n skurk van by die 2 m lank wat feitlik onsterflik blyk te wees.

Dit is met goeie rede dat die reeks vir vanjaar se Emmy-toekennings as die beste reeks vir jong volwassenes genomineer is. Dit word aanbeveel vir kykers van ouer as tien.

Daar wag ure se kykgenot op diegene wat omkoopgeld sou betaal om Harry Potter se avonture eerste te kon lees of ure in ’n ry sou staan om eerste die rolprente te sien.

Die hele rits avonture van Harry, Hermione en Ron (onderskeidelik vertolk deur Daniel Radcliffe, Emma Watson en Rupert Grint) van hul eerste dag in die Hogwarts School of Witchcraft and Wizardry tot by die laaste epiese geveg teen die magte van die duisternis kan nou die een ná die ander gekyk word.

Al die reekse van “Game of Thrones” is nou op Showmax beskikbaar.

Die titels is: Harry Potter and the Philosopher’s Stone, Harry Potter and the Chamber of Secrets, Harry Potter and the Prisoner of Azkaban, Harry Potter and the Goblet of Fire, Harry Potter and the Order of the Phoenix, Harry Potter and the Half-Blood Prince, en Harry Potter and the Deathly Hallows.

Die eerste een word aanbeveel vir kinders van ouer as sewe en die laaste twee vir ouer kinders van 11 en 12 jaar en ouer.

’n Fees wag ook op een en almal wat nie genoeg van animasie-rolprente kan kry nie. Dit is boonop animasie wat lesers later sal lok na die oorspronklike boeke waarop dit gegrond is. Daar is Roald Dahl se Revolting Rhymes en gunstelinge van Julia Donaldson se Zog and the Flying Doctors (die opvolg van die oorspronklike Zog), The Snail and the Whale, The Gruffalo, The Gruffalo’s Child, Stick Man, The Highway Rat en Room on the Broom.

Uit eie bodem is die reeks Jungle Beat wat in Kaapstad vervaardig is. Die karakters Munki en Trunk is al ’n YouTube-sensasie met meer as drie miljard kykers. Die twee het nou hul eie rolprent Jungle Beat: The Movie met ’n ruimtewese wat op aarde land en met die hulp van Munki en Trunk by sy ruimteskip moet uitkom. Voordat dit gebeur, beleef hulle eers heelwat avonture. Dit het al ’n rits pryse gewen en is verlede jaar op die internasionale rolprentfees in Annecy, Frankryk, vertoon.

Net so terloops vir ouers – die volledige agt reekse van Game of Thrones is nou ook op Showmax te sien.

Meer oor:  Televisie  |  Vakansie  |  Game Of Thrones  |  Showmax
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.