Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Hélène Truter geniet haar gate uit op stel van ‘Getroud met rugby’
Hélène Truter en Adriaan Marais as Nonnie en Buks in ‘Getroud met rugby’. Foto: Getroud met rugby

Sy vertolk ’n wulpse ouma van die verkeerde kant van die spoor, maar dit was vir Hélène Truter ’n fees op die stel van die kykNET-sepie Getroud met rugby.

Sy is eersdaags te sien as Nonnie, Nesie (Melissa Massyn) se ouma.

“Sy kom van ’n deel van Springs waarop ander inwoners van Springs neersien. Dit is ’n lekker karakter. Sy is ’n cougar, sy hou van mans. Nesie se familie daag onverwags op om haar liefdesprobleme uit te sorteer.”

Nesie en haar verloofde Buks (Adriaan Marais) moet ’n struikelblok oorkom.

“Dit het my laat dink aan die dae toe ek ’n verhoogaktrise was,” sê Truter. “Jy kom met meer weg. Nonnie tjaaf die jong outjies. Hierdie ou tannie wat sulke moves op hulle maak . . .”

Truter is die skrywer van die SABC 2-drama Swartwater, waarvan die derde reeks onlangs geëindig het.

Sy het ook daarin verskyn en die rol van Meisie vertolk.

“Ek het eintlik baie min vir teater geskryf. Ek ken skryf vir televisie baie beter.”

Sy het voorheen vir die SABC 1-sepie Generations geskryf en het in die 2000’s die kykNET-telenovelles Hart van staal en Begeertes die lig laat sien.

Sy was voorheen ’n regisseur van die kykNET-sepie Binnelanders.

Melissa Massyn en Hélène Truter as Nesie en Nonnie in ‘Getroud met rugby’. Foto: Getroud met rugby

“Daarom het ek geweet wat om te verwag toe ek op die stel van Getroud met rugby aankom. ’n Mens word sepiefiks. Ek het my gate uit geniet, maar ek sal sukkel om permanent in hierdie genre te speel.”

Truter verskyn later weer in Getroud met rugby, maar dié tonele moet nog verfilm word.

Sy het in PG du Plessis se toneelstuk Sophia Mentz beredder haar boedel die laaste keer op die verhoog opgetree.

Truter verskyn eersdaags in ’n kykNET-fliek waarin sy ’n karakter vertolk wat aan Alzheimer se siekte ly.

Sy bedryf intussen haar winkel, Amulet, in Hermanus, waar sy woon.

“Ek moet besig bly. Dit hou my uit die kwaad.”

Getroud met rugby word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Truter se eerste verskyning is op 11 Augustus.

Meer oor:  Getroud Met Rugby  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.