Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Hiér is laaste twee spanne in Kokkedoor

Die gewilde werklikheidsreeks Kokkedoor op kykNET loop nou op ’n end, en die laaste twee spanne in die kompetisie is aangewys.

Na ’n uitdaging waarin die kinkel- en onthoukokke borde familiekos moes maak wat geïnspireer is deur die spyskaarte wat hulle opgestel het vir hul oudisies vir die program, is een span huis toe gestuur.

LEES OOK: Kokkedore kook vir sir De Villiers Graaff 

Die beoordelaars Sam Woulidge, Nic van Wyk en Hetta van Deventer-Terblanche.

Die onthoukok Ralph Farmer en die kinkelkok Pieter Malan, beslis van die gunstelinge in die program, se kosreis het tot ’n einde gekom.

“Ek is hartseer, maar ek loop met ’n vol hart weg,” sê Malan. “Die ervarings en alles wat hier op Kokkedoor gebeur het, is ongelooflik, en dit gaan vir my stories vir ’n leeftyd gee om te vertel.”

Nou is daar vier deelnemers oor; Sonja de Beer en Anmar Wilding sal dit uitspook teen Pasch du Plooy en Wilhelmina Garção vir die kokkedoor-kroon.

Donderdagaand se episode was emosiebelaai, met De Beer wat oopmaak oor haar borskanker-diagnose slegs ’n paar maande voor die verfilming van Kokkedoor.

Sonja de Beer en Anmar Wilding.

Ook Garção het tranerig gepraat oor die dood van haar suster en hoe die kompetisie haar gehelp het om dit te verwerk.

“Ek glo sy sou trots wees op my,” sê sy emosioneel.

“Ek is baie trots op Wilhelmina oor die pad wat sy gestap het tydens die kompetisie en hoe ek en sy as ’n span gegroei het,” sê Du Plooy, haar spanmaat tydens die program.

“Ek het baie by haar geleer oor waarvoor om dankbaar te wees in die lewe. Daar is baie belangriker goed as wen en verloor, en die feit dat sy uit haar hart kosmaak, is vir my regtig ’n inspirasie.”

Die werklikheidsreeks word Donderdae om 20:00 op kykNET (kanaal 144 op DStv) uitgesaai.

Wilhelmina Garção en Pasch du Plooy.
Meer oor:  Pieter Malan  |  Realiteitsreeks  |  Tv  |  Kokkedoor  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.