Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Hier kom die Bachelorette!
Wie sal dit wees? Wêreldwyd is een van die meisies wat reeds op The Bachelor was gewoonlik die gelukkige een vir die The Bachelorette-reeks. Hier is die top-11-meisies van die vorige reeks saam met Marc Buckner.

M-Net het Sondagaand aangekondig dat die eerste plaaslike seisoen van The Bachelorette later vanjaar verfilm gaan word.

Maar oor wie die vrygesellin gaan wees wat ’n twintigtal of meer aantreklike mans om haar pinkie gaan draai, bly die kanaal nog tjoepstil.

“Ons gaan later vandeesweek die groot aankondiging maak,” sê Lani Lombard, M-Net se publisiteitshoof. “Wêreldwyd is een van die meisies wat reeds op The Bachelor was gewoonlik die gelukkige een, maar dit beteken nie ons kan nie ook na ander opsies kyk nie.”

Tydens die eerste twee plaaslike seisoene van The Bachelor, met Lee Thompson en Marc Buckner as die onderskeie hubare vrygeselle, het aanhangers van die reeks – en die meisies – dikwels veldtogte begin om M-Net en die vervaardigers te oortuig om hul gunstelinge as die land se eerste Bachelorette te kies.

Onder dié gunstelinge tel die eerste seisoen se grasieuse Michelle Reddy, Afrikaanse naaswenner en prokureur Jozaan Digue, die prokureur Edith Lesego Mooketse, en die sosialemedia-vlinder Mbali Mkhize. Moet ook nie van Gina Meyers vergeet nie. Kykers was diep teleurgesteld toe hulle uitgevind het dat die verhouding tussen dié donkerkop-wenner van die eerste seisoen en Thompson skipbreuk gely het.

Wêreldwyd is een van die meisies wat reeds op The Bachelor was gewoonlik die gelukkige een, maar dit beteken nie ons kan nie ook na ander opsies kyk nie.

Buckner, M-Net se tweede Bachelor, is steeds in ’n verhouding met die spraakterapeut Marisia van Wyk. Deur die loop van die reeks het Bridget Marshall, die naaswenner, ál gewilder geraak en kykers het gesoebat dat M-Net haar oorweeg as daar ooit ’n Bachelorette sou wees. Daarbenewens het die Namibiese skoonheidskoningin Andeline Weiland, die veelsydige Qiniso van Damme, die danser Pasha dos Santos en aktrise en musikant Rikkie Brest ook ’n groot indruk op kykers gemaak.

Maar wie sê dis nie ’n spreekwoordelike buiteperd nie?

Al wat Lombard wil verklap, is dat M-Net sê “die manne gaan oor hul voete val . . . ”

Die inskrywings om deel te wees van die groep wat om dié geheimsinnige vrou se hand gaan meeding, sal open sodra haar identiteit onthul word.

M-Net beplan om die reeks vroeg volgende jaar uit te saai.

Meer oor:  The Bachelorette
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.