Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Hond hou sy lyf mede-aanbieder op e-tv se nuus

’n Hond op TV-nuus genaamd Batman Larsen het soveel harte geraak dat hy as “permanente mede-aanbieder” van e.tv-nuus se anker-aanbieder, Annika Larsen, “aangestel” is.

Volgens die TV-verslaggewer Thinus Ferreira is dit ’n eerste vir Suid-Afrikaanse televisie.

Annika Larsen, e.tv-nuus se anker-aanbieder, en haar hond Batman wat hom mede-aanbieder hou. Foto: e-tv

Dié verrassing is die gevolg van die agtuur-nuusbulletin wat uit Larsen se huis aangebied word omdat die e.tv-kantore in Zonnebloem, Kaapstad, weens die dood van die kameraman Lungile Tom aan Covid-19, gesluit moes word. Die gebou moet eers deeglik gereinig en ontsmet word voordat die personeel kan terugkeer.

Met Larsen se eerste uitsending vanuit haar huis het haar twee Boston-terriërs aanhoudend buite geblaf. Daarna het sy hulle in die huis toegelaat, langs haar ’n stoel vir Batman geplaas waarop hy plaasneem en hom ewe kordaat gereed hou vir die uitsending. Om te keer dat hy blaf, voer Larsen hom onderlangs hondebeskuitjies.

Dié uitsending op 18 Mei het volgens Ferreira ’n “sagtheid” verleen te midde van die berigte oor hoofsaaklik al die Covid-19-infeksies en -sterftes.

Larsen het glo vir Batman gesê “as jy blaf terwyl mamma werk, gaan mamma afgedank word. So, geen geblaf. Good boy.”

Die verwagting is dat meer kykers nou om 20:00 vir die nuusbulletin op e.tv sal inskakel om te sien of Batman hom gedra.

* Thinus Ferreira skryf die blogspot TV with Thinus.

Meer oor:  Annika Larsen  |  E.Tv  |  Televisie  |  Hond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.