Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘Huishou’ se trefkrag in hoe dit menslikheid uitbeeld

Die mat word onder twee vroue uitgeruk wanneer hulle ’n baba wil aanneem in die kykNET-fliek Huishou, wat Sondag te sien is.

Dié fliek is gegrond op die gelyknamige toneelstuk wat in 2018 op die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom gedebuteer het.

Die teks deur Philip Rademeyer en regie deur Nico Scheepers is later vir die radio verwerk.

Nadia Valvekens is een van die hoofrolspelers in die kykNET-fliek Huishou.

Cintaine Schutte en Nadia Valvekens is – soos in die toneelstuk en hoorspel – in die fliek as Hester en Dirkie te sien.

“Ek wou nog altyd gehad het Philip en Nico moet saamwerk,” sê Schutte. “Ek het saam met hulle om ’n tafel gesit en gesê ek wil graag iets vir Aardklop inskryf. Ons het met die idee vorendag gekom van twee vroue in ’n verhouding. En Philip het besluit hy sal skryf en Nico het besluit hy sal regisseer.

“En as dit nie vir Aardklop was nie, sou ons nie die ontwikkelingsgeld gekry het om dit te doen nie.”

Schutte was ook die vervaardiger.

Valvekens is op Aardklop as die beste aktrise aangewys.

Rademeyer doen die regie van die fliek en Frieda van den Heever, wat die regie van die radioverwerking gedoen het, maak ’n kameeverskyning daarin.

“Ek het nuwe goed in die storie (draaiboek) ingewerk, wat natuurlik ’n baie groot aanpassing was,” sê Rademeyer.

“Die toneelstuk bestaan uit vier groot dialoë. Vir die fliek is daar natuurlik meer locations en korter tonele, maar die kern van die storie en karakters is behou.

“Ons moes dink hoe ons die verhouding visueel kon uitbeeld. Hoe kan ons die twee karakters en hul verhouding skep sonder enige dialoog.

“Die verwerking het ’n mens ook vryheid gegee om die twee karakters alleen te wys, en in ander spasies. Ons kon ook terugflitse wys.”

Tyd was ’n moeilike faktor in die verwerking. Die radiodrama was 90 minute en die toneelstuk 80 minute lank, maar die fliek duur 50 minute.

Rademeyer is baie trots daarop dat hulle ’n verhouding tussen mense, eerder as twee vroue, kon uitbeeld.

“Ek dink daarin lê die trefkrag. Ek dink Nadia en Cintaine het baie goed gedoen om die menslikheid in albei karakters te vind. Hulle is al twee karakters met sterk persoonlikhede, en natuurlik met foute en probleme. Ek glo hul menslikheid lê daarin.

“En hoewel hierdie twee mense vreeslik lief is vir mekaar, het hulle die afgelope sewe tot tien jaar so baie gegroei dat hulle doelwitte nie meer dieselfde is nie.”

Cintaine Schutte en Nadia Valvekens in die toneelstuk Huishou, wat in 2018 op die Aardklop Nasionale Kunstefees gedebuteer het. Foto: Nardus Engelbrecht

Volgens Schutte is dit twee mense wat in verskillende stadiums in hul huwelik, verhouding en lewe is.

“Jy vang hulle op ’n punt in hul huwelik waar dinge al vir ’n ruk nie goed gaan nie en dan moet hulle boonop ’n groot besluit neem, want daar gaan ’n kind aangeneem word en die hele manier van huishou gaan verander.”

Dit gaan daaroor om ook met jouself en jou hart huis te hou.

“Daar is ’n kompleksiteit van aanneming en verhoudings.

Maar eintlik kom dit daarop neer dat almal gehoor en liefgehê wil word en behoort. En dít word in hierdie twee mense se lewe aangeroer.”

Huishou word om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.