Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Hulde gebring aan Uyinene in spesiale TV-episode

Uyinene Mrwetyana, die 19-jarige student van die Universiteit van Kaapstad wat op 24 Augustus 2019 vermoor is, moet onthou word vir wie sy was, nie vir die manier waarop sy dood is nie.

So meen haar vriendinne in ’n nuwe episode van Huisgenoot: Ware lewensdramas op VIA (DStv-kanaal 147).

In dié program word hulde gebring aan Uyinene wat bekend was om haar borrelende persoonlikheid wat “enige hartseer sommerso kon laat verdwyn” met net ’n glimlag.

In die episode, wat Maandag uitgesaai word, deel haar vriendinne en vriende stories van hoe hulle saam gelag en gesels het, en hoe Uyinene hulle geïnspireer het. Ook haar ma, Nomangwane, deel die hartroerende storie van hoe sy Luyanda Botha (42), haar dogter se moordenaar, ontmoet het, en ook vertrou het, nog voordat hy in hegtenis geneem is.

Sy vertel ook hoe Uyinene se persoonlikheid ontwikkel het en hoe sy op vierjarige ouderdom reeds aangedring het dat sy skool toe wou gaan.

Uyinene, met die bynaam Nene, is die gesin se tweede kind ná haar ouer broer, Esona. Dit was hy wat na haar gaan soek het toe sy vermis geraak het.

Uyinene Mrwetyana (19), student in film en media aan die Universiteit van Kaapstad. Foto: Argief

Op daardie dag het Botha haar in die Clareinch-poskantoor verkrag en met ’n swaar voorwerp doodgeslaan. Botha het haar lyk in ’n vlak graf begrawe en aan die brand gesteek.

Haar vriendinne en familie vertel hartseer hoe hulle gevoel het toe hulle die nuus gekry het, en hoe hulle geruime tyd in ontkenning was dat sy weg is.

Uyinene se dood het gelei tot landwye protesoptogte waar mense aangedring het op verandering in die samelewing sodat geen jong vrou weer só moet sterf nie.

Joernaliste wat oor haar saak geskryf het, praat oor hul ervaring met haar storie en hoe dit hulle geraak het.

“Haar storie het dadelik naby aan die huis gevoel vir my, sê Shanaaz Prince, nuusredakteur van YOU.

“Veral as ’n vrou in Suid-Afrika, en as ’n vrou van die Oos-Kaap. Sy was ’n jong, pragtige vrou wat uitgesien het na haar lewe wat voorlê. Dit kon my klein suster gewees het, of my niggie, of dit kon ek gewees het.

“Stories soos dié laat my dink is ek veilig as ’n vrou?”

Die episode word op 28 September uitgesaai.

Meer oor:  Uyinene Mrwetyana
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.