Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
In elke episode kielie duiwel se vurk jou . . .

The Twilight Zone ****

 Met Jordan Peele en David Epstein.

Skeppers: Simon Kinberg en Jordan Peele

“Whoo-hoo!” – soos ekstatiese jonges hul vriende of familielede op verhoë toejuig nog voordat hulle ’n noot gesing het – hierdie herskepping van ’n rillervriendelike klassieke TV-reeks uit die 1950’s verdien wolwefluite van bewondering. Die stories is so slim soos ’n sportmotor se seepgladde bedrading, en elke episode bewandel ’n vars kronkelpaadjie na die verderf. Die ompad na ’n knaleffekslot moet eers deur ’n vallei vol brandnetels en outjies met skerp vurke wandel voordat jy weer kan fluit. Gehore sal met elke nuwe episode heerlik onthuts word. Dis die soort reeks wat jou laat bespiegel en daarna met gebuigde hoof laat Whats­App: “Jy moet dit sien, dude!”

Verdwaalde siele wat saam met die duiwel ruk en rol, sê les op in hierdie heerlik-onderhoudende televisiereeks. Dis met sorg gemaak, dit beïndruk met sy stories en is met ’n koel houding geregisseer. Jy sal dwaas wees om nie hierna te kyk nie. En probeer bietjie die einde voorspel!

  • Sondagaande op Showmax.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.