Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Inskrywings is nou oop!

Die soektog na liefde op die platteland het begin en inskrywings vir voornemende boere wat aan Boer soek ’n vrou wil deelneem, word ingewag.

Dan het filmmakers die geleentheid om deel van die tiende kykNET Silwerskermfees te wees. Dié fees vier vanjaar ’n feestelike dekade en inskrywings vir die kortfilm-kompetisie, bestaande werke en draaiboeksoek is nóú amptelik oop!

Silwerskerm se kortfilm-projek

Vanjaar is die soektog na oorspronklike konsepte van nuwe stemme, met geen voorkeur aan genre nie, en nuwe films tussen 3 en 30 minute lank.

Filmmakers met die beste konsepte word gekies om aan ’n skryfskool deel te neem. Hierdie gekose filmmakers sal dan met hulp van mentors aan ’n finale draaiboek werk voordat die bestes vervaardig word. Dié nuutgeskepte kortfilms sal op die kykNET Silwerskermfees later vanjaar debuteer.

Voornemende filmmakers het tot en met 11 Maart 2020 ’n kans om te registreer en voorstelle tussen 250 en 300 woorde elektronies in te handig. Die inskrywingsgeld is R500.

Verder soek ons na bestaande werke – speelfilms, kortfilms en dokumentêre – vir vanjaar se fees. R100 000 is op die spel. Inskrywings vir alle bestaande werke sluit 30 April 2020. Die inskrywingsgeld is R500.

kykNET, in samewerking met M-Net, bied ook ’n geleentheid vir skrywers om ’n oorspronklike draaiboek vir ’n speelfilm vir die Draaiboeksoek-kompetisie in te skryf. Draaiboeke in enige genre moet in die regte draaiboek-formaat ingehandig word en daar is prysgeld van R50 000 op die spel. Inskrywings is gratis en sluit op 26 Junie 2020.

Boer soek ’n vrou: Reeks 13 soek boere

Is jy ’n boer op soek na liefde? Wel, nou is jou kans om een van die tien boere te wees in die 13de reeks van Boer soek ’n vrou.

Wat moet jy doen om in te skryf?

Gaan na www.kyknet.co.za, registreer en kry die inskrywingsvorm. Vul dit in en e-pos na boer@marche.media. Jy kan ook jou inskrywingsvorm per koerier na Boer soek ’n vrou 13, Coronationlaan 11, Somerset-Wes 7130 stuur.

Inskrywingsvorms moet die vervaardigers voor middernag 21 Maart 2020 bereik. Laat aansoeke sal nie oorweeg word nie. Indien jy een van die gekose boere is, sal jy voor 19 April in kennis gestel word. Indien jy verdere navrae het, skakel 079 335 5137 of stuur ’n e-pos aan boer@marche.media.

Meer oor:  Realiteitsreeks  |  Boer Soek 'N Vrou  |  Tv-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.