Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Ivor Price: ‘Boere het my oë oopgemaak’

Om Landbouweekliks aan te bied is die uitdagendste en grootste televisieprojek waaraan Ivor Price nóg gewerk het.

Dié gesoute uitsaaijoernalis en voormalige aanbieder van die Afrikaanse nuus op SABC 2 se nuwe program begin Dinsdagaand op die leefstylkanaal Via (DStv-kanaal 147). Dit is in samewerking met Landbouweekblad vervaardig en dié tydskrif se redakteur, Chris Burgess, maak gereeld ’n verskyning.

Price erken dat hy geen landbou-agtergrond het nie en dat hy ’n ander kant van homself op stel leer ken het.

“Dis iets wat ek nog nooit gedoen het nie en ek het ’n nuwe kant van myself leer ken, die kyker sal ook,” sê hy. “Dis ’n program wat in boere se kop en hart klim. Ons reis letterlik die land plat om boere se stories te vertel. Dit gaan nie oor die slimste, beste of sterkste boer nie, ons vertel hartstories en daar is heelwat vermaak in die program.”

Price sê hy het ontsettend baie by die boere wat hy ontmoet het, geleer.

“Ek het net weer besef dat ons boere weens politieke uitlatings ’n maklike teiken geword het in Suid-Afrika,” sê hy. “Daar is te veel van ons wat boere wantrou wanneer ons hulle eintlik met ons daaglikse kos vertrou.”

Price sê hy het soveel liefde en positiwiteit van boere oor die land heen ervaar. “Daar is nie ’n ander groep in die land wat daagliks soveel tyd, geld en energie bestee om uit te reik na gemeenskappe nie.”

Ivor Price sê hy het baie by Suid-Afrika se boere geleer. Foto: Verskaf

Price sê dat die meeste sakeondernemings net uit is om wins te maak “maar in die landbougemeenskap gaan hulle uit hul pad om werkersgemeenskappe te verbeter en dit het my oë oopgemaak.”

Price sê die boere wat hy ontmoet het, het klinieke, skole en paaie alles uit hul winste gebou.

“In dié dae van negatiwiteit was dit vir my ’n openbaring en ek hoop dit sal vir kykers ook wees.”

Price sê die program bevat baie skreeusnaakse oomblikke.

“Elke episode bevat ’n spesifieke uitdaging wat die boere vir my voorhou met dikwels skreeusnaakse gevolge. Dis gewoonlik iets wat die boer in sy daaglikse lewe doen, maar vir my as stadsjapie was dit soms uitdagend,” sê hy. “Daar gebeur vreemde goed.”

In een van die episodes moet Price kunsmatige inseminasie op ’n koei toepas en hy sê dat dit “nogal grillerig” was.

  • Nuwe episodes van Landbouweekliks wys elke Dinsdag om 19:30 op Via (DStv-kanaal 147) met heruitsendings op Sondae om 17:30.
Meer oor:  Via  |  Ivor Price  |  Vermaak  |  Tv-Reeks  |  Landbouweekliks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.