Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Ja, ‘Friends’-reünie word in SA uitgesaai

Suid-Afrikaanse aanhangers van die supergewilde Amerikaanse komedie Friends kan maar ontspan – die langverwagte Friends-reünie gaan wel in Suid-Afrika uitgesaai word.

Hoewel plaaslike aanhangers bekommerd was dat Friends: The Reunion slegs op HBO Max – ’n stromingsdiens wat nog nie in Suid-Afrika beskikbaar is nie – uitgesaai gaan word, was al hul vrese verniet.

MultiChoice het Dinsdag in ’n mediaverklaring gesê die reünie sal Sondag om 20:00 op M-Net (DStv-kanaal 101) uitgesaai word. Dit sal vanaf Maandag op Showmax beskikbaar wees.

Die komediereeks se heeltydse rolverdeling, insluitende Jennifer Aniston, Courteney Cox, Lisa Kudrow, Matt LeBlanc, Matthew Perry en David Schwimmer, gaan almal vir die reünie terugkeer.

Variety berig elk van dié sterre is $2,5 miljoen betaal om in die uur lange reünie te verskyn.

Dit sou reeds verlede jaar voor ’n regstreekse gehoor opgeneem gewees het, maar dit is twee keer weens die Covid-19-pandemie tot vanjaar uitgestel.

Die reünie gaan egter nie soos ’n klassieke Friends-episode daar uitsien nie. Die rolverdeling gaan eerder op die Friends-stel bymekaarkom om oor die reeks, die impak daarvan op popkultuur én hul loopbane en oor hul gunstelingherinneringe te gesels.

Heelwat bekendes sal by hulle aansluit, onder andere BTS, Cara Delevingne, Christina Pickles, Cindy Crawford, David Beckham, Elliott Gould, James Corden, James Michael Tyler, Justin Bieber, Kit Harington, Lady Gaga, Larry Hankin, Maggie Wheeler, die Nobelpryswenner Malala Yousafzai, Mindy Kaling, Reese Witherspoon, Thomas Lennon en Tom Selleck.

Friends is oorspronklik van September 1994 tot Mei 2006 uitgesaai. Dit was destyds een van die gewildste reekse op TV en het in dié tyd 62 Emmy-benoemings ontvang.

Dit bly tot vandag toe nog geliefd – vra maar vir die Suid-Afrikaners wat steeds die reeks se tien seisoene op Netflix fuifkyk. – Saamgestel deur Christiaan Boonzaier

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.