Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Jannie se verhoog-driekuns op kassie uitgesaai

Drie musiekproduksies van die sanger Jannie du Toit word eersdaags op kykNET uitgesaai.

Du Toit het dié driekuns in Julie in die Atterburyteater in Pretoria op een dag verfilm nadat hy die kanaal genader het.

Oesjaar, Bonjour Monsieur Brel en Kiekies is die produksies wat hy glo goed op televisie daar sal uitsien.

Chanie Jonker, Theuns Botha, Susan Mouton en Jannie du Toit.

* Oesjaar word op 3 November om 10:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai en net daarna om 12:00 op kykNET NOU! (DStv-kanaal 146).

In Oesjaar tree Chanie Jonker (klavier), Susan Mouton (tjello), Theuns Botha (tromme) die vokale ensemble Breathe en Sergio Zampolli (trekklavier), asook Brendan Ross (saxofoon) saam met hom op. Oesjaar is ook die titel van sy album wat in 2018 uitgereik is.

* Bonjour Monsieur Brel word op 1 Desember om 10:30 op kykNET uitgesaai en op kykNET NOU! om 12:00.

Mouton en Jonker tree ook saam met hom in Bonjour Monsieur Brel op waarin hy die liedjies van die Belgiese troebadoer Jacques Brel in vier tale sing, naamlik Frans, Nederlands, Engels en Afrikaans. Brel is bekend om treffers soos “Amsterdam”, “Marieke”, “Madeleine”, “The Old Folks” en “Ne me quitte pas”.

* Kiekies word op 29 Desember om 10:30 op kykNET en om 12:00 op kykNET NOU! uitgesaai.

In Kiekies vertolk Du Toit saam met Thean Kotze van Ses Snare die musiek van die ontslape kunstenaar Lucas Maree. Du Toit en Kotze het voorheen besef hulle albei beplan ’n konsert met Maree se musiek en het toe besluit om saam op te tree. Kiekies is die naam van Maree se eerste album wat in 1984 verskyn het en een van sy bekendste liedjies was “Kiekies in my plakboek”. Ander treffers deur Maree sluit “Victoriabaai”, “Droomvrou” en “Miljoen” in.

Meer oor:  Jannie Du Toit  |  Atterburyteater  |  Pretoria  |  Konsert  |  Musiek  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.