Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Japannese komedie-veteraan dood aan virussiekte

Die Japannese komediant Ken Shimura (70) is dood aan longontsteking nadat hy Covid-19 opgedoen het.

Hy is vermoedelik die eerste bekende persoonlikheid in Japan wat aan die virussiekte sterf.

Die Japannese komediant Ken Shimura.

Shimura, wat al as die Robin Williams van Japan beskryf is, is Sondag dood nadat hy op 20 Maart in ’n hospitaal in Tokio opgeneem is vir koors en longontsteking.

Hy het drie later positief vir Covid-19 getoets.

Shimura was dekades lank ’n instelling op Japannese televisie.

Hy het onlangs sy eerste rol in ’n rolprent, Yoji Yamada se komedie God of Cinema, losgeslaan.

Shimura, wat glo sy inspirasie van Jerry Lewis gekry het en vir sy snaakse gesigsuitdrukkings onthou word, is in 1950 in Tokio gebore.

Hy het in 1974 by die komediegroep The Drifters aangesluit wat in die 1970’s en 1980’s ’n huishoudelike naam was. Sy bekendste komiese karakters is Baka Tonosama en Henna Ojisan.

Meer oor:  Tokio  |  Japan  |  Covid -19  |  Komediant  |  Korona-Virus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.