Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Johan Stemmet, Pedro Kruger benoem vir Saftas
Johan Stemmet is benoem as beste aanbieder van ’n speletjiesprogram op televisie vir Noot vir Noot.

Noot vir Noot, ’n Suid-Afrikaanse Western en verskeie werklikheidsreekse op TV is vanjaar in die wedloop om ’n gesogte Safta-prys te verower.

Die benoemings vir die Saftas is pas bekend gemaak en by dié geleentheid op 2 Maart in die Sun City Superbowl word mense vereer vir hul prestasie in die televisie- en rolprentbedryf.

Die glansgeleentheid word ook van 19:00 af op SABC2 gewys.

Five Fingers of Marseilles, Suid-Afrika se eerste Western, het sewe benoemings gekry, terwyl Christiaan Olwagen se musiekdrama Kanarie vyf benoemings gekry het.

June van Merch is benoem vir ’n Safta vir haar spel in die rolprent Raaiselkind.

Noot vir Noot is benoem as beste speletjiesprogram en Johan Stemmet as beste aanbieder op televisie. Klavierkuiers met Pedro asook Die Kontrak is benoem as beste musiekprogram op televisie.

Daar is ’n allemintige 92 kategorieë. Hier is ’n kort lys van die topkategorieë.

Televisie

Werklikheidsprogram

Koekedoortjie

Pedro Kruger is benoem vir sy musiekprogram Klavierkuiers met Pedro Kruger.

Ultimate Braai Master - seisoen 5

My First

Speletjiesprogram

Noot vir Noot reeks 43

Op die Spel

Parlement Parlement

Internasionale formaat-vertoning

Survivor South Africa: Philippines

My Kitchen Rules - South Africa

Dancing With the Stars South Africa

Tydskrifprogram

50/50

The Man Cave - seisoen 6

Nisboere

Musiekprogram

The Rockets 50ste Herdenking Konsert

Klavierkuiers Met Pedro

Die Kontrak

Gewildste sepie

In die kategorie is onder meer Suidooster, Getroud met Rugby en Binnelanders benoem.

Rolprente

Kanarie

Sew the Winter to my Skin

Nommer 37

Regie

Five Fingers for Marseilles - Michael Matthews

Ellen, The Ellen Pakkies Story - Daryne Joshua

Sew the Winter to my Skin - Jahmil X.T. Qubeka

Draaiboek

Kanarie - Christiaan Olwagen & Charl-Johan Lingenfelder

Wonderlus - Johan Cronje

Nommer 37 - Nosipho Dumisa

Kinematografie

Meerkat Maantuig - Willie Nel

Five Fingers for Marseilles - Shaun Harley Lee

Nommer 37 - Zenn van Zyl

Aktrise

Jill Levenberg - Ellen, The Ellen Pakkies Story

Monique Rockman - Nommer 37

Diaan Lawrenson - Raaiselkind

Akteur

Jarrid Geduld - Ellen, The Ellen Pakkies Story

Irshaad Ally - Nommer 37

Schalk Bezuidenhout - Kanarie

Byspeelster

June Van Merch - Raaiselkind

Ilse Klink - Stroomop

Anna-Mart van der Merwe - Kanarie

Byspeler

Alex van Dyk - Die Stropers (The Harvesters)

Zolisa Xaluva - Sew the Winter to my Skin

Germandt Geldenhuys - Kanarie

Meer oor:  Sun City  |  Televisie  |  Rolprente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.