Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
John Sessions sterf

Die Skotse akteur en komediant John Sessions (67) is Dinsdag dood.

Sessions, bekend om televisieprogramme soos Whose Line Is It Anyway?, QI, Stella Street en Spitting Image, het aan ’n hartaanval in sy huis in Londen gesterf.

John Sessions Foto: Getty Images

As akteur het hy in televisiedramas soos Porterhouse Blue en Victoria verskyn.

Hy was ook te sien in Kenneth Branagh se fliek Henry V wat in 1989 uitgereik is, sowel as rolprente soos The Good Shepherd en The Iron Lady.

Sy afsterwe is deur verskeie mense uit die vermaaklikheidsbedryf betreur.

Die komediant Ronni Ancona beskryf hom as ’n “genie”, terwyl Helen Lederer hom vir sy spitsvondigheid en talent onthou.

Hy het in die 1980’s stemme vertolk in Spitting Image, ’n poppereeks. Hy was die enigste mens om sowel stemme te vertolk en as ’n pop in die reeks te verskyn.

In ’n radio-onderhoud met die BBC in September het Sessions gesê dié reeks was ’n voorloper van alternatiewe komedie.

“Jy het werklik gevoel jy was op die voorpunt van komedie.”

In Stella Street, ’n parodie op sepies, het hy teenoor groot name soos Keith Richards, Joe Pesci en Roger Moore gespeel.

Dit het in 1997 begin.

Sessions het in die eerste episode van QI verskyn.

Hy is in 1953 as Jon Marshall in Ayrshire, Skotland, gebore.

Die gesin het na Bedfordshire verhuis toe hy drie jaar oud was.

In 1979 op 26-jarige ouderdom is hy toegelaat om aan Rada (Royal Academy of Dramatic Art) te studeer.

John Sessions in 1994.

Agt jaar later is sy solostuk The Life of Napoleon in die West End opgevoer.

Hy het in die 1980’s in die reekse John Session’s Tall Tales en John Session’s Likely Stories op die BBC verskyn.

Hy het egter nooit die roem verwerf wat sy vriende Branagh en Stephen Fry verwerf het nie.

Hieroor het hy later gesê dat hy op 40 minder selfvertroue gekry het, eerder as meer daarvan.

Meer oor:  Komediant  |  Televisie  |  Akteur  |  Rolprent
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.