Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Jou mielie, man! Sê jy ek is dik?

“Ek dink nie daardie ou wat my ‘dik’ genoem het, het die nota gekry dat ek Karen (Zoid) se beste vriend is nie.”

Dit is al rede waaraan die maltrap-karakter Mielie Senekal kan dink waarom sy onlangs in ’n episode van Zoid se kykNET-geselsprogram Republiek van Zoid Afrika toegang tot die ateljee geweier is.

Mielie Senekal (Llandi Beeslaar)

Een van die tegnici het gesê hulle gaan ’n interdik teen haar kry.

“Maar ek wil nie lelik met hom wees nie, shame, dis die eerste keer dat hy op die show werk,” sê Mielie, die alter-ego van die aktrise Llandi Beeslaar.

“Dis maar net nog ’n voorbeeld van swak kommunikasie. Karen wil my definitief daar hê, ek kan dit sê, want ek voel dit in my bene . . . en my hare . . . en my gesig.”

Mielie het haar buiging in Zoid se reeks gemaak.

Sy sal graag weer in die reeks wil verskyn.

"Ek het vir die Convict-19 (sic) maar besluit om in my klerekas in te trek."

“As ek enige sê het, sal ek 20 minute in elke RZA-show wees. Ek het al die video’s klaar opgeneem en vir Karen ge-WhatsApp. Ek hoop sy doen die regte ding . . .”

Mielie is die jonger suster van die “panfluit-sensasie” Marinda Senekal (vertolk deur Zoid) en dogter van Muisie (vertolk deur Esther von Waltsleben).

Marinda en Muisie toer tans aan die Weskus.

“Ek verlang altyd na Marinda en Moemie. Maar die vraag is: Verlang hulle nog na my? Daar waar hulle aan die verre kus toer. En verlang hulle as die son en die maan en wind en die MONSTER MIELIE-oes oor hulle gaan?”

Mielie het nog altyd aspirasies gehad – een daarvan is om op Huisgenoot se voorblad te pryk. Sy het selfs die Huisgenoot-redakteur, Yvonne Beyers, in haar kantoor in Kaapstad daaroor gaan spreek.

“Wie wil nié op Huisgenoot se voorblad wees nie?! Dis die ultimate! Hulle sal net ’n bietjie minder opskrifte saam met my foto op die voorblad moet hê. Ek wil nie hê my maag moet toegesmeer word met opskrifte soos ‘Vrou besef na 2 jaar vetplant is plastiek’ of ‘Ek dink ek word my ma, help!’ nie.”

Midde-in die Covid-19-pandemie glo Mielie dit is nou ’n vreemde tyd om ’n nuwe loopbaan te begin.

“Ek dink ek gaan maar aankap tot dinge sin maak . . . Soos dinge nou lyk, sien ek julle seker eers weer in 2040.”

Sy probeer om veilig en gesond teen die virus te bly, en skuil in haar klerekas.

“Ek het vir die Convict-19 (sic) maar besluit om daar in te trek. Dit voel soos die veiligste plek om nou te wees met die wêreld wat so koekoes geraak het. So ek bly maar in die kas. Moemie het gesê dis fine, solank ek net nie uit die kas val nie, want sy kan nie ‘nog daarmee deal ook nie’.”

Sy gaan nog uit op vullisdag.

“Ek dra dan ’n plastieksak oor my kop. Ek het nie baie tyd om die sakke uit te vat voordat ek begin versmoor nie . . . so dit help ook om my tyd buite die kas so min as moontlik te maak.”

Sy lees baie boeke in die staat van inperking.

“Ek lees nou Franz Marx se Egoli 2000. Dis ’n geskiedenisboek oor hoe (die motormaatskappy) Walco begin het.”

Walco is ’n fiktiewe maatskappy in die destydse sepie Egoli: Plek van goud wat deur Franz Marx geskep is.

“Ek’s nou by die deel waar hulle van die lewe van die historiese figuur Louwna Edwards vertel. Dis regtig interessant om van sterk vroue in die Suid-Afrikaanse geskiedenis te leer.

“Ná hierdie boek gaan ek begin met die Egoli-kookboek. As ek soos Louwna wil lyk, moet ek soos Louwna eet.”

* Republiek van Zoid Afrika word Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Meer oor:  Karen Zoid  |  Covid-19  |  Televisie  |  Geselsprogram
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.