Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
JP Duminy laat trane rol met ‘Koevert’

Kykers het waarskynlik Donderdagaand ’n paar snesies nodig gehad toe die voormalige krieketspeler JP Duminy die hartsnare in die TV-reeks Die koevert geroer het.

Die reeks gee bekendes die geleentheid om twee koeverte aan ’n weldoener te oorhandig – een met R10 000 wat hulle in die sak kan steek, en ’n tweede met nog R10 000 wat hulle aan ’n tweede weldoener kan oorhandig.

Die tweede weldoener kry dan ook die geleentheid om R10 000 aan ’n derde weldoener te skenk.

Duminy het in die episode gesê daar is ’n belangrike rede vir hoekom hy omtrent gespring en “vinnig ja gesê” het om aan Die koevert deel te neem.

“Dit gaan nie oor ons nie, dit gaan nie oor my nie, dit is nie iets waarby ek betrokke is nie – dit gaan daaroor om iemand anders te seën.”

JP Duminy Foto: Via
Alison Alexander Foto: Via
Lynette van der Berg Foto: Via
Haley Schroeder Foto: Via

Die weldoener wat Duminy gekies het, is Alison Alexander, hoof en huismoeder van Rainbow of Hope, ’n skuilplek vir kinders in Goodwood, Kaapstad.

Duminy het vertel dat sy en Alexander se paaie sowat ’n dekade gelede gekruis het toe hy genader is om ’n bemoedigende praatjie vir die skuilplek se jong inwoners te kom gee.

“Toe ek by die huis instap het ek besef: Wow, hierdie vrou is ’n absolute engel.

“Ek het my so ná aan haar gevoel omdat sy so selfopofferend is en die heeltyd probeer om die kollig te vermy.”

Duminy se gebaar het Alexander geskok en bewoë gelaat – en die trane het ook gerol toe sy op haar beurt R10 000 aan Lynette van der Berg, onder andere ’n Rainbow of Hope-raadslid, skenk.

Van der Berg sê sy kon aan talle mense dink aan wie sy graag R10 000 wil skenk, maar sy het uiteindelik besluit op Haley Schroeder, tot voor die staat van inperking haar kleindogter se oppasser.

Schroeder was so emosioneel oor die gebaar dat sy byna nie ’n woord kon uitkry nie. Kykers het waarskynlik saam met haar die trane weggepink.

  • Episode vyf van Die koevert, waarin Duminy verskyn, is Donderdag om 18:00 op Via (DStv-kanaal 147) uitgesaai. Die program word in samewerking met Netwerk24 aangebied. Jy staan ook ’n kans om R2 000 aan ’n persoon of organisasie wat ’n verskil in hul gemeenskap maak, te oorhandig. Al wat jy moet doen is om hulle in die kommentaarafdeling van hierdie berig te benoem.
Meer oor:  Die Koevert  |  Via  |  Jp Duminy
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.